20221017_150714
20221017_150714

Grootfontein se hospitaal weer oop

Grootfonteiners slaak ‘n sug van verligting nadat Grootfontein Private Hospitaal vandag weer sy deure kon open.

Dit volg nadat die hospitaal se jaarlikse registrasiesertifikaat gister hernu is, het die hospitaal se bestuurder, me. Miena Simon laat weet.

Inwoners van die noordedorp was bekommerd daaroor dat die hospitaal die afgelope paar weke sy deure moes sluit nadat sy lisensie reeds einde Junie verval het.

Die direkteur van gesondheid in die Otjozondjupastreek, mnr. Gebhardo Timotheus, het die afgelope week aan Republikein gesê hulle het “simpatie met die situasie en die mense” van Grootfontein.

“’n Versoek is aan Windhoek gerig dat die proses bespoedig moet word,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer