Foto argief
Foto argief

‘Geen regulerende beskerming vir dokter, pasiënt’

Henriette Lamprecht
Lede van mediese fondse en verskaffers van gesondheidsdienste geniet geen regulerende beskerming teen fondse se optrede nie. Dit volgens die Nambiese Private Praktisynsforum (NPPF), wat verwys na die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) sowel as die Toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa), wat wetlik verplig word om die betrokke beskerming te reguleer en te verskaf. Die NPPF beskryf Namaf as ’n blote verlenging van die mediese fondse omdat sy bestuur – wat verantwoordelik is vir alle besluite en optrede – alleenlik uit verteenwoordigers van mediese fondse bestaan. In terme van die wet op mediese fondse het die vereniging ’n wetlike plig om reëls daar te stel waaraan mediese fondse moet voldoen en om dié te straf wat nie daaraan voldoen nie.

“In praktyk moet mediese fondse, ingevolge die bepalings van die wet, hulself reguleer deur hulle assosiasie met Namaf. Ondanks die feit dat hy ’n statutêre noodsaaklikheid het om dit te doen, het Namaf 28 jaar later steeds nie sulke reëls in plek gestel nie,” sê die NPPF en voeg by die vereniging het geen duidelike statutêre magte om die Namaf-standaardtariewe (NBT) vas te stel nie.

“Dit word vasgestel deur Namaf wat sake doen in die bedryf vir finansiële dienste. Al die groot, oop mediese fondse is oorspronklik begin deur verskaffers van finansiële dienste – wat tot vandag optree en betaal word as administrateurs van die fondse.”

Die NPPF verwys ook na Namaf wat diensverskaffers vra om vir ’n Namaf-praktyknommer te betaal waarsonder dit onmoontlik is om namens lede te eis. Die forum het in 2014 ’n studie deur Suid-Afrikaanse kundiges laat doen om alle faktore te evalueer wat insetkoste en uitgawes dryf om sodoende ’n “etiese en regverdige dienstarief” vas te stel. Die evaluering van Namaf-tariewe is ook onder die vergrootglas geplaas en daar is bevind die metodiek is in baie gevalle “irrasioneel, het geen wetenskap daaragter nie en is nie op koste gebaseer nie”. Kort hierna, sê die NPPF, het Namaf glo openbare toegang tot die tarief geblokkeer.

“Geen lede of trustees het toegang tot die NBT nie. Ook nie die registrateur van mediese fondse (Namfisa) wat op ’n jaarlikse basis die voordele en al die reëls van die fondse moet goedkeur nie. Laasgenoemde is veral ontstellend omdat die registrateur voordele goedkeur sonder om werklik te weet wat dit is.”

Die NBT “bly gesluit vir enige vorm van noukeurige ondersoek” en ’n klag wat die NPPF in dié verband by Namfisa gelê het, is glo beantwoord met “dit moenie die geval wees nie”, maar geen verdere optrede het gevolg nie. Die NPPF verwys ook na ’n geval waar ’n fonds alle spesialiste en dokters ingelig het die betalings vir prosedures wat in hospitale gedoen word, word met tussen 37% en 44% gesny.

“In wese beteken dit lede se voordele is gesny. Geen konsultasies is met verskaffers of hul pasiënte (lede van die fonds) gevoer nie nie, terwyl dit verpligtend is omdat die fonds ’n administratiewe liggaam is. Die fonds kan ook nie voordele verminder sonder die registrateur se goedkeuring om die reëls te verander nie. By navraag deur die lid is ’n versoek geweier vir die goedgekeurde wysiging van die reël omdat dit ‘vertroulike kommunikasie tussen die fonds en die registrateur is’.” Die forum verwys ook na ’n fonds wat aan alle verskaffers uitgereik het met bewyse van verskeie gevalle van bedrog en onetiese optrede deur verskaffers. Op die NPPF se vraag rakende hoeveel van die beweerde gevalle by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) aangemeld is, was die antwoord “geen” en “die doel van die kommunikasie was om kommer uit te lig” as die verduideliking.

Die forum ontken nie die moontlikheid dat “elke mandjie ’n paar vrot appels” kan hê nie, maar beklemtoon alle private gesondheidsdiensverskaffers se professionele optrede word ten alle tye deur die HPCNA gereguleer. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%