use-of-crutches
use-of-crutches

Geen krukke by Onandjokwe beskikbaar

Niks in voorraad
Pasiënte met erge beenbeserings word glo sonder voldoende mediese sorg huis toe gestuur.
Tuyeimo Haidula
Die Onandjokwe-hospitaal in die Noorde van die land wys pasiënte weg met erge beenbeserings en wat krukke nodig het, omdat daar tans geen voorraad by die hospitaal beskikbaar is nie.

Dié stand van sake is deur die direkteur van gesondheid in die Oshikotostreek, Josua Nghipangelwa bevestig, wat by navraag nie die aantal weke kon gee wat die hospitaal pasiënte sonder doeltreffende mediese sorg huis toe stuur nie.

Volgens Nghipangelwa is die tekort vir tydelike voorraad en word 'n aflewering vandeesweek verwag. Hoewel die Onandjokwe-hospitaal erg deur die tekort geraak word, het die Omuthiya-hospitaal egter wel voorraad en word die hele streek nie deur die tekorte geraak nie.

"Die probleme met voorraad word soms deur verskaffing en aanvraag veroorsaak. Soms is daar 'n tydperk van hoë aanvraag en ander tye is daar nie. Sommige pasiënte kry voorraad, maar dit is nie in hulle grootte nie. Nou het ons beperkte groottes in voorraad en moet ons ongelukkig pasiënte wegwys," het hy gesê.

Nghipangelwa sê soms word die tekorte in die streek veroorsaak deur kontrakteurs wat mekaar hof te sleep. Terwyl op die uitkoms van die hofsaak gewag word, "is dit die mense wat die gevolge van hierdie konflikte dra". - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A