FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Geen brief, geen praktyk

Wag op NamRa vir oudit
'n Tandarts wat nie sy jaarlikse praktyklisensie tot op hede kon hernu nie, se praktyknommer is nou ook opgeskort.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

’n Tandarts wie se jaarlikse lisensie vir sy praktyk afgekeur is omdat hy nie ’n goedkeuringsbrief van die ministerie van finansies ingedien het om te bewys sy belastingopgawes is op datum nie, wag steeds vir die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRa) om geoudit te word.

Terwyl dr. Holger Mentzel reeds ’n geruime tyd vir NamRa wag om met sy volle samewerking die oudit te doen om ’n goedkeuringsbrief te verseker, het die Namibiese Vereniging vir Mediese Fondse (Namaf) intussen sy praktyknommer opgeskort. Dit beteken dat alle mediese fondse in die land hom nou as “terminated” beskou. Hy kan dus geen eise aan mediese fondse namens sy pasiënte indien nie.

Die Namibiese ombudsman het reeds in 2016 nadat hy met die ondersteuning van die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) om hulp en uitsluitsel genader is, bevind dié praktyk van die ministerie van gesondheid is “onwettig en ongrondwetlik”.

Sy beslissing was baie duidelik dat die opdrag van die ministerie van finansies “nié ’n regsvereiste is nie en dat dit ’n onafdwingbare opdrag bly, tensy dit deur die wet voorgeskryf word”.

Volgens Mentzel se regsverteenwoordigers, Krüger Van Vuuren & Co, moet die ministerie van finansies se versoek vir hulp, voordat dit as wettig, bindend en afdwingbaar beskou kan word, in algemene wetgewing, statutêre wetgewing (ingesluit regulasies wat gemaak is onder statutêre gesag en nadat ’n proses in ooreenstemming met artikel 18 gevolg is) of in die Namibiese Grondwet vervat wees.

Geen basis vir die versoek of die afdwingbaarheid teen Mentzel vir die spesifieke lisensie kon glo gevind word nie.

Die finansministerie het in 2015 ’n brief aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gerig en gevra om hulle te help met “belastinghervorming”. Dit het vereis die gesondheidsministerie moet ’n geldige goedkeuringsbrief van die aansoeker kry dat hul belastingopgawes op datum is, alvorens ’n lisensie vir die betrokke praktyk uitgereik word. ’n Lisensie vir private gesondheidsgeriewe moet jaarliks volgens artikel 31 van die Wet op Hospitale en Gesondheidsgeriewe hernu en deur die ministerie van gesondheid uitgereik word.

In terme van bogenoemde wet, mag geen gesondheidsdiensverskaffer praktiseer of sy of haar beroep beoefen vanuit geriewe wat nie die betrokke lisensie het nie. Doen hulle dit wel, is dit ’n strafregtelike oortreding.

Sedert 2015 het die gesondheidsministerie streng by die opdrag gehou en aansoeke vir die hernuwing van lisensies vir private gesondheidsgeriewe geweier, sou dit nie deur ’n goedkeuringsbrief vergesel word nie.

Volgens sy regsverteenwoordigers laat dit hom nou met geen ander keuse as om die hof te nader nie. Skrywes in dié verband is aan die ministeries van finansies, gesondheid, Namaf sowel as die ombudsman gerig wat tot verlede Donderdag gehad het om op skrif die wetlike basis te voorsien dat ’n goedkeuringsertifikaat nodig is alvorens ’n praktyklisensie hernu word.

Volgens Mentzel se regspraktisyn is dit nie ’n vereiste volgens die betrokke wet nie en is dit ook nie relevant tot die regulering van private gesondheidsgeriewe in die algemeen nie. Sou regsaksie nodig wees, beoog Mentzel om hom op die hoërhof se reël 20 (kostebeskermingsbevel) te beroep om hom teen enige moontlike kostebevele te beskerm.

Teen gister het die ministerie van gesondheid in reaksie op die brief gesê dit geniet die “grootste aandag”, terwyl die ministerie van finansies, wat die opdrag vir die goedkeuringsbrief gegee het, sê NamRa moet reageer want dit is ’n belastingkwessie.

Volgens Namaf mag hulle wel Mentzel se praktyknommer in ooreenstemming met verwante regulasies opskort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!