Fondsbydraes styg, voordele daal
Kostelas verskuif na lede
Die standaardtarief vir 'n mediese noodoproep wat vervoer en konsultasie insluit, is minder as 'n loodgieter se uitroepfooi, nog voordat enige diens gelewer is.
In die eerste kwartaal van 2025 alleen het mediese fondse ’n gesamentlike surplus van N$229,7 miljoen gerapporteer, dit terwyl pasiënte hoër uit-die-sak-bybetalings dra en dokters sukkel om hul praktyke volhoubaar te bestuur.
Die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) se uitvoerende hoof, dr. Jürgen Hoffmann, sê lede betaal meer, maar ontvang minder.
“Die publiek moet verstaan fondsbydraes styg elke jaar, maar voordele daal of bly staties,” het hy gesê. As voorbeelde het Hoffmann verwys na die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) wat tussen 2022 en 2025 die sogenaamde “bykomende hospitaalvoordeel” met 33% verminder het, tariewe vir daaglikse hospitaalbestuur deur dokters met 30% gesny het, noodgeval- en 24-uur-diens met 30%, en narkose met 27% gesny het.
“In 2025 is die Namaf-fooi vir ’n mediese noodoproep (vir vervoer en konsultasie) N$741,60, dit is minder as ’n loodgieter se uitroepfooi, nog voordat enige diens gelewer is.”
In praktyk sê Hoffmann verskuif hierdie stelsel die kostelas na fondslede, terwyl fondse surplusse opbou. Hy het verwys na maatstaftariewe wat volgens hom laer terugbetalings regverdig selfs wanneer die werklike koste hoër is.
Namaf met wie die NPPF reeds vir jare in ’n geskil gewikkel is oor hul rol in die bepaling van die tariewe, het vroeër in ’n volbladadvertensie in reaksie hierop verwys na die hooggeregshofsaak van Namaf en ander teen die Namibiese Mededingskommissie (2017) wat bevestig het die doel van die tariewe is om te dien as ’n gids tot die redelike koste van gesondheidsorg.
Dit is volgens Namaf nie ’n voorgeskrewe tarief nie en dit kan deur ’n fonds gebruik word om die vlak van terugbetaling in eise te bepaal. Volgens Namaf word die tariewe bepaal deur ’n sistemiese benadering wat fokus op relatiewe waarde-eenhede (RVU’s) en monetêre omskakelingsfaktore insluit.
Volgens Hoffmann lyk die werklikheid egter heel anders en dateer die laaste onafhanklik geverifieerde kostemodel uit 2003.
“Sedertdien is geen deursigtige metodologie bekend gemaak wat toeganklik vir die publiek is nie. Inflasie, mediese tegnologie en praktykkoste het intussen drasties gestyg, maar die tariefaanpassings bly ondeursigtig en inkonsekwent, gebaseer op interne berekeninge sonder publieke insae.”
Namaf verwys egter na die tariewe as ’n “buigbare stelsel” wat by veranderinge in gesondheidsorgpraktyke en -koste aanpas.
In ’n mediaverklaring vroeër die jaar het Namaf gesê dit word ten minste een keer per jaar opgedateer deur ’n proses wat voorleggings deur onder meer diensverskaffers insluit.
“Namaf hersien en pas die standaardtariewe jaarliks aan om veranderinge in gesondheidsorgkoste en -prosedures te weerspieël,” aldus hul verklaring wat as ’n volbladadvertensie verskyn het.
Die opdaterings word ook deur openbare data soos inflasiekoerse, gekombineer deur insette van diensverskaffers gelei. Dit sê voorts diensverskaffers kan verdere wysigings vra as hulle kan bewys hulle koste het beduidend verder as standaardfaktore gestyg om te verseker die tariewe bly in pas met veranderende markkoste.
Namaf kan egter nie oor die tariewe met verskaffers as ’n gesamentlike eenheid onderhandel nie, aangesien dit sou neerkom op prysvasstelling deur diensverskaffers. Hoffmann sê die bewering dat verskaffers vry is om hul eie tariewe te bepaal, is misleidend.
“As die standaardtarief nie die werklike koste dek nie, dra die pasiënt die verskil. Praktisyns word dan valslik as ‘gierig’ beskuldig, terwyl die stelsel self nie sy verpligtinge nakom nie,” het hy gesê.
Met verwysing na bybetalings sê Namaf hoewel die tariewe ’n verwysingspunt bied, die werklike koste vir lede afhang van beide hul mediese fonds se voordelestruktuur en die diensverskaffer se fooie.
Volgens Hoffmann is die ware doel van die tariewe om fondskoste te beperk, ten koste van dokters én pasiënte.
“Deur uitbetalings aan lae tariewe te koppel, beperk fondse die vergoeding vir mediese dienste. Praktisyns, wat stygende koste en ondervergoeding trotseer, word gedwing om bo hierdie tariewe te vra.
“Die gevolg is ’n gaping tussen wat die fonds betaal en wat die verskaffer vra – met die verskil, die sogenaamde ‘eie bybetaling’, kom direk uit die pasiënt se sak.”
Hoffmann sê ook Namaf het geen statutêre mandaat om die tariewe te bepaal nie, met die verouderde tariefmodel wat toegang tot private sorg ondermyn, die waarde van dekking verminder en
die volhoubaarheid van private praktyke in Namibië bedreig”.
Volgens hom is Namaf ’n regspersoon wat onder die wet vir mediese fondse geskep is om mediese fondse te monitor en word dit gefinansier en beïnvloed deur dieselfde fondse wat dit glo adviseer.
Namaf as ’n instelling hou vol dat die grondwetlikheid van sy bevoegdhede om die funksionering van mediese fondse te beheer deur maatstawwe in te stel wat ’n wettige openbare belang dien, gevind kan word in artikels 10(3) en 12 van die wet op mediese fondse, saamgelees met regulasies 5 en 6.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie