fabupharm
fabupharm

Fabupharm se Children's Paracetamol Syrup veilig vir gebruik

Henriette Lamprecht
Die eerste van twee laboratoriumverslae het bevestig dat Fabupharm se Children’s Paracetamol Syrup veilig is en dat die produkte aan alle toepaslike veiligheids-, kwaliteit- en regulatoriese standaarde voldoen. Beide interne en QSL-toetse het bevestig dat die Children’s Paracetamol Syrup heeltemal binne internasionale standaarde en spesifikasies val, met die uitslae wat deur onafhanklike toetsuitslae ondersteun word.

Die maatskappy het ‘n omvattende, onafhanklike verifiëring en oorsig van die produkt by twee onafhanklike, gesertifiseerde laboratoriums aangevra om bewerings te toets oor die kwaliteit en veiligheid van die produk.

Fabupharm het in ‘n verklaring gesê die aantygings is sonder enige ondersteunende bewys of wetenskaplike evaluering gemaak.

Die maatskappy beklemtoon in die verklaring dit het konstruktief saam met die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) deur die hele proses gewerk en bevestig sy onwrikbare toewyding om die hoogste farmaseutiese standaarde te handhaaf.

Kommentaar

Republikein 2025-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer