FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Dubbelkajuit vir gesondheidsdienste in Omaheke

Henriette Lamprecht
Die Uranium One Group het 'n viertrekvoertuig aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk om noodsaaklike uitreikdienste in die Omahekestreek te lewer. Die groep is tans besig met die eksplorasie van uraan in die Omahekestreek. Die ministerie het vroeër ook 'n ambulans met moderne toerusting vir dieOtjimanangombe-kliniek van die Bullen-familie ontvang, wat gesondheidsdienste verder in die streek sal verstek. Op die foto verskyn die minister, dr. Kalumbi Shangula, saam met 'n verteenwoordiger van die Uranium One-groep by die nuwe voertuig met 'n waarde van N$685 685. FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer