wwww
wwww

Drinkwater mag dalk anders smaak, lyk

NamWater het Stad Windhoek in kennis gestel dat dié grootmaat-waterverskaffer hoë yster- en mangaanvlakke in die Von Bachdam meet.

NamWater het reeds maatreëls geïmplementeer om die gehalte van die water te verbeter. Die hoë yster- en mangaanvlakke kan wel daartoe lei dat Windhoekers se drinkwater vir die volgende paar dae ’n effens onaangename smaak, reuk en kleur mag hê.

“Ons laboratoriumtoetse het bevestig dat ons water – ondanks hierdie moontlike veranderinge – geskik vir menslike gebruik bly en geen gesondheidsrisiko’s inhou nie

“Stad Windhoek se laboratorium toets daagliks die watergehalte om te verseker ons water bly veilig vir verbruik.

“Ons vra opreg verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak,” het NamWater gesê.

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer