Infografiek
Infografiek

Dokters 'gedwing' om bybetaling te eis

Standaardtarief nie regverdig
MAN is ook soos talle ander verenigings nie geraadpleeg oor die voorgestelde aanpassings in standaardtariewe, wat deur administrateurs aanvaar is nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Dokters word tans gedwing om óf nie langer enige hospitaalprosedures uit te voer nie óf ’n aansienlike bybetaling van pasiënte te vereis.

“Ons is op die punt van insolvensie gegewe die jongste herhaling van administrateurs (van mediese fondse) waar ons nié ’n jaarlikse verhoging kry nie, maar ook ’n beduidende en sistematiese afname sedert 2021 het vir veral dienste en prosedures wat in die hospitaal uitgevoer word,” sê dr. David Weber, die voorsitter van die Mediese Vereniging van Namibië (MAN).

Die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) het laat verlede jaar aangekondig sy huidige standaardtariewe gaan nie verhoog word nie.

Volgens Weber het die gaping tussen regverdige vergoeding vir dienste deur ’n dokter en wat Namaf (en by implikasie die administrateurs van mediese fondse) as regverdig beskou, so gegroei dat dit tans as “oneties” beskou kan word.

Hy het verwys na die bedryfskoste van gesondheidspraktisyns wat die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet het en meestal deur praktisyns geabsorbeer is.

Tog sê MAN word jaarliks oor betalings aan hospitale – sowat 34% sedert 2018 van mediese fondse se uitgawes – onderhandel en vergoeding vir die koste van medikasie en apteke (gemiddeld 17% van die jaarlikse uitgawe) eenvoudig aldus die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa) se jaarverslag verhoog.

MAN is ook soos talle ander verenigings nie geraadpleeg oor die voorgestelde aanpassings in standaardtariewe, wat deur administrateurs aanvaar is nie, “maar is onseremonieel tydens die Kersseisoen en via elektroniese pos ingelig”.

Weber sê ’n dokter of tandarts of enige ander verwante gesondheidspraktisyn word streng deur verskeie statutêre liggame insluitend die raad vir gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA), die ministerie van finansies en staatsondernemings en die Namibiese medisynebeheerraad (NMRC) beheer.

Eise word ook swaar gepolisieer om bedrog, misbruik en vermorsing te bekamp. Eise vir algemene praktisyns was net 9% en spesialiste net 11% van die totale uitgawes van mediese fondse, terwyl nieverwante gesondheidsuitgawes – wat in die kwartaal geëindig 30 Junie 2023 aangegaan is – N$135,7 miljoen beloop het.

Laasgenoemde is volgens Namfisa se kwartaallikse statistiekverslag vir 2023 ’n verhoging van 3,2% op ’n jaarlikse basis en meestal aan die administrateurs.

Weber sê dit wil voorkom asof die milieu van die administrasie van fondse blykbaar “uitsluitlik fokus op gesondheidsorgbedrog” wat volgens MAN in alle sfere van die fiskale samelewing teenwoordig is. Dit word egter grootliks oorskadu deur die “vermoedelike dog ongegronde vermorsing en/of stygende koste wat aangegaan word deur geriewe wat teaterlyste, prosedures of toelating van pasiënte het”.

Laasgenoemde word volgens MAN egter nie met soveel ywer deur administrateurs van fondse aktief identifiseer en gejaag nie.

Weber het die vereniging se ondersteuning vir die reg van gesondheidspraktisyns beklemtoon om regmatige en regverdige vergoeding van pasiënte te eis, ongeag Namaf se standaardtarief wat “nóg regverdig nóg aktuaries akkuraat” is.

Hy het dokters as die basis van die gesondheidsorgpiramide beskryf wat nou weens waninligting opsy gestoot word, omdat hulle glo die rede vir die huidige volhoubaarheidskrisis van mediese fondse is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026