Die sielkunde van skares
Tropmentaliteit onder vergrootglas
Wanneer individue deel van 'n skare is, verloor hulle dikwels hul selfbewustheid en tree op maniere op wat hulle waarskynlik nooit op hul eie sou oorweeg nie.
Die gewilde internetpersoonlikheid iShowSpeed, ofte wel Jason Watkins jr., het onlangs ’n 28 dae lange toer deur ongeveer 20 Afrikalande voltooi.
Hy het groot skares in stede soos Nairobi, Windhoek en Mbabane gelok, met aanhangers wat strate en openbare ruimtes oorstroom het, verkeer ontwrig het en selfs polisie-ingryping vereis het om orde te handhaaf.
Video’s van dié gebeure wys hoe aanhangers spontaan begin saambeweeg, juig, en probeer om fisiek naby hom te kom, wat die energie en emosie van sy aanhangers dramaties verhoog.
Hierdie voorvalle tydens iShowSpeed se toer deur Afrika illustreer hoe individue in ’n groep dikwels anders optree as wanneer hulle alleen is en bied ’n treffende moderne voorbeeld van tropmentaliteit in aksie.
Tropmentaliteit verwys na die tendens van individue om hul gedrag, menings en emosies by dié van ’n groep aan te pas, dikwels sonder kritiese denke.
“Wanneer individue deel van ’n skare is, verloor hulle dikwels hul selfbewustheid en tree op maniere op wat hulle normaalweg nie eens sou oorweeg nie,” volgens Psychology Today.
Sielkundiges soos Gustave Le Bon het vroeër teoretiseer dat mense in groot groepe geneig is om persoonlike oordeel te verloor en deur die gesamentlike energie van die groep beïnvloed word. Hierdie verlies aan individuele refleksie kan veroorsaak dat mense optree op maniere wat hulle waarskynlik nooit op hul eie sou oorweeg nie.
Verywell Mind beklemtoon: “Mense is geneig om die optrede van die skare te volg, selfs teen hul eie oordeel, want groepsgedrag bied ’n gevoel van veiligheid.”
Hierdie waarneming dui daarop dat die behoefte aan sosiale aanvaarding ’n kerndryfveer van tropmentaliteit is.
Daar is verskeie faktore wat tropmentaliteit dryf. Die verlies aan selfbewustheid in ’n groep laat individue minder verantwoordelik vir hul optrede voel.
Emosionele oordrag beteken dat gevoelens soos opgewondenheid, vreugde of woede vinnig deur die groep versprei en gesamentlike optrede aanwakker.
“Wanneer individue deel van ’n skare word, kan die groep se emosionele toestand hul eie gedrag oorheers, selfs teen hul beterwete,” volgens Psychology Town.
Verder dra anonimiteit en die verspreiding van verantwoordelikheid by tot gedrag wat individueel abnormaal sou wees, omdat mense voel dat hulle nie aanspreeklik gehou sal word nie.
Dié faktore werk saam om groepsgedrag te versterk en kan selfs subtiele sosiale druk of digitale stimulasie versterk, soos gesien tydens iShowSpeed se regstreekse uitsendings wat meer as 50 000 mense per stroming aanlyn gelok het.
Die gevolge van tropmentaliteit kan uiteenlopend wees. In die geval van IShowSpeed se toer het massas mense openbare ruimtes oorstroom, verkeer ontwrig en spontane gedragsreaksies veroorsaak.
Tropmentaliteit kan egter ook gevaarlik wees. ’n Voorbeeld is die aanval op die Verenigde State van Amerika se kongresgebou in Washington, D.C. op 6 Januarie 2021, toe ondersteuners van president Donald Trump die gebou binnegedring het in protes teen die verkiesingsuitslae.
BBC News beskryf dit as ’n voorval wat “gewys het hoe gesamentlike emosie en groepsdruk individue kan laat optree teen norme en wette wat hulle andersins sou volg”.
Op ’n sielkundige vlak kan individue in ’n skare besluite neem wat hulle andersins nie sou neem nie en kan kritiese denke beïnvloed word ten gunste van kollektiewe optrede. Alhoewel tropgedrag soms positief kan wees, soos wanneer ’n groep vir gemeenskaplike doelwitte of projekte saamwerk, is daar ook risiko’s van chaos, oordrewe emosionele reaksies en die verlies aan individuele morele oordeel.
Navorsing bevestig dat tropmentaliteit diep in die menslike psigologie gewortel is. Volgens Psychology Today “kan skares emosies versterk en individue meer vatbaar maak vir voorstelle van die groep”.
Volgens Frontiers in Public Health kan selfs in scenario’s soos die aankoop van organiese voedsel of finansiële beleggings, mense dikwels die optrede van die groep naboots en hulle hul eie oordeel vergeet.
Indian Journal of Marketing ondersteun dit deur te beklemtoon dat “groepsinvloed dikwels besluite oor verbruik en finansies oorheers, selfs wanneer individue beter oordeel het”.
Hierdie waarnemings illustreer dat tropmentaliteit nie net in uiterste situasies soos oproere of massakonserte voorkom nie, maar ook in alledaagse besluite en sosiale interaksies.
Studies op die gebied van bemarking en verbruikersgedrag het verder getoon dat tropmentaliteit mense kan beïnvloed om produkte of dienste te koop wat die meerderheid ondersteun, selfs al stem dit nie ooreen met hul individuele voorkeure nie.
Indian Journal of Marketing verduidelik dat “tropmentaliteit in verbruikersmarkte toon dat sosiale invloed dikwels swaarder as individuele redenasie weeg,” wat bewys dat individue geneig is om produkte, idees of gedragspatrone te volg wat die meerderheid ondersteun, selfs al stem dit nie ooreen met hul persoonlike voorkeure of oordeel nie.
Hierdie bevinding beklemtoon dat tropmentaliteit nie net ’n sosiale verskynsel is nie, maar ’n kragtige faktor wat menslike gedrag in meer as een konteks vorm.
In die gesondheidsektor wys navorsing van Frontiers in Public Health dat tropmentaliteit selfs beïnvloed hoe mense gesondheidskeuses maak. Daar is bevind dat “waargenome norme en groepsoptrede individuele besluite oor dieet, oefening en voorkomende gesondheidsgedrag sterk beïnvloed”.
Mense is dus geneig om kollektiewe gedrag na te boots, selfs in sake wat ’n direkte impak op hul persoonlike welstand het. Hierdie dinamika toon hoe diepgewortel en wydverspreid tropmentaliteit is, selfs buite uiterste of wesenlike omstandighede.
Daar is ook verskeie sosiale en omgewingsfaktore wat tropmentaliteit versterk. Volgens The Star “verhoog groot skares, beperkte ruimte, sosiale frustrasie en digitale stimulasie die waarskynlikheid dat mense hul individuele oordeel vergeet en die groep se gedrag naboots”.
Aanlyn kan hierdie impak selfs vinniger wees, soos gesien in die reaksies op IShowSpeed se regstreekse stromings, waar miljoene kykers gesamentlik aanlyn reageer en daardie energie fisiek in massas vertaal word wanneer die geleentheid opduik om hom in persoon te sien.
Hierdie bevindinge bevestig dat tropmentaliteit nie net ’n teoretiese konsep is nie, maar ’n aktiewe en meetbare menslike gedragsverskynsel wat in moderne digitale en fisieke samelewings sigbaar is.
Verder het navorsing getoon dat tropmentaliteit nie net sigbaar is in groot openbare skares of digitale ruimtes nie, maar ook in alledaagse sosiale en professionele situasies. Volgens Frontiers in Public Health “beïnvloed waargenome norme en groepsoptrede individuele besluitneming sterk, selfs in sake van gesondheid en welstand,” wat beteken dat mense geneig is om kollektiewe gedrag na te boots selfs wanneer dit nie altyd rasioneel is nie.
Hierdie patroon kan byvoorbeeld gesien word in skole, universiteite of selfs werksplekke, waar mense sosiale druk ervaar om die menings of optrede van die meerderheid te volg.
In die konteks van digitale kultuur en sosiale media, soos met IShowSpeed se aanhangers gesien is, word tropmentaliteit verder versterk deur onmiddellike terugvoer en sigbare getalle van medegebruikers wat dieselfde optrede ondersteun.
Psychology Today sê dat “skares emosies kan versterk en individue meer vatbaar kan maak vir voorstelle uit die groep”, wat verklaar waarom ’n enkele opwindende gebeurtenis op sosiale media tot reuse- fisieke en aanlyn reaksies kan lei.
Dié dinamika dui daarop dat tropmentaliteit ’n selfversterkende siklus kan vorm, waar emosie, sosiale druk en digitale stimulasie saamwerk om gedrag te kanaliseer en te versterk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie