FOTO TANJA BAUSE, TER ILLUSTRASIE
FOTO TANJA BAUSE, TER ILLUSTRASIE

Covid-19: Geen pandemie-verdrag onderteken

Internasionale gesondheidsregulasies die enigste instrument
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het nie planne om 'n verdrag te implementeer wat lidlande van hul soewereiniteit ontneem nie.
Henriette Lamprecht
Geen verteenwoordiger van die Namibiese regering het enige “pandemie-verdrag” onderteken of bekragtig nie, aangesien dit nog nie bestaan nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het verwys na ‘n mylpaal-besluit wat in Desember verlede jaar tydens ’n spesiale sitting van die Wêreldgesondheidsvergadering (WHA) geneem is om ’n interregeringsonderhandelingsliggaam (INB) te vestig vir die voorbereiding vir- en hantering en voorkoming van pandemies. Die INB is ‘n liggaam wat deur lidlande gelei word onder mede-voorsitterskap van Suid-Afrika en Nederland. Dit het die mandaat om oor ‘n Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO)-konvensie, ooreenkoms of ander internasionale instrument te onderhandel of saam te stel. Volgens Nangombe het die INB egter nog nie amptelik die tipe regsdokument bepaal wat hieruit sal voortspruit nie. Die INB het ook nog nie die elemente wat lidlande soos Namibië wil hê moet hierin vervat word, geïdentifiseer nie.

Die Internasionale Gesondheidsregulasies (IHR) is tans die enigste internasionale instrument vir voorbereiding en reaksie op gesondheidsnoodgevalle. Volgens Nangombe het die Covid-19-pandemie egter duidelike gapings hierin uitgelig wat die IHR nie ten volle dek nie. Dit sluit in kwesbare mense wat sonder basiese middele soos persoonlike beskermende toerusting (PPE), gesigmaskers, ventilators en mediese suurstof moes klaarkom, terwyl ryk lande enstowwe opgegaar en die beskerming van hul inwoners eerste geplaas het.

“Die wêreld is gekonfronteer met ‘n ‘ek eerste-benadering’ - wat die globale solidariteit wat nodig is vir ‘n wêreldwye bedreiging soos Covid-19, gestrem het,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon as ‘n soewereine lidland van die WHO, behou Namibië die reg om enige wysigings in lyn met artikel 22 van die WHO-grondwet, en met die land se wette, te verwerp of bevraagteken.

Volgens hom was Namibië een van verskeie lande wat vir meer tyd gevra het om geteikende wysigings aan die IHR te bespreek. ‘n Werkgroep sal nou in dié verband gestig word om alle voorstelle te bespreek en ook ter tafel te lê. Die sluitingsdatum om voorstelle in te dien is 30 September. Hy het beklemtoon die aanvaarding van enige verdrag of konvensie is onderhewig aan die land se nasionale wetsontwerpprosesse.

Nangombe het verwys na ‘n versoekskrif, wat onder meer aan die ministerie, lede van die nasionale vergadering en ook die eerste minister oor dié kwessie gerig, is waarin verskeie besware teen die WHO se besluit geopper is.

Die Health Defence League (HDL) het in ’n verklaring wat wyd op sosiale media gedeel is, verwys na die WHO se “intense betrokkenheid in Namibië se sake tydens die pandemie en die gevolglike ekonomiese ineenstorting”. Die HDL sê die aanvaarding van die verdrag sal aan die WHA die mag gee om regsbindende konvensies of ooreenkomste op WHO-lidlande af te dwing. Dit gee ook aan die WHO “verreikende en regsbindende mag om lidlande te dwing om baie van die sensuur en waarnemingsmaatreëls wat tydens die Covid-19-pandemie afgedwing is, te aanvaar”.

Die HDL sê ook dit is gereed om Namibiërs se “basiese menseregte, ons grondwet en vryheid van keuse en spraak” te verdedig.

“Namibië sal nie deur buitelandse entiteite regeer word nie. Ons leiers sal verantwoordbaar gehou word vir enige optrede wat sal lei tot die verlies van ons swaargewonne vryhede. Namibië en ons vryheid is nie te koop nie.”

Reuters Fact Check haal ‘n WHO-woordvoerder aan wat sê: “Enige verdrag - indien ooreengekom deur WHO-lidlande - sal die respek en bevordering van menseregte, ingesluit die reg op gesondheid, as ‘n sleutelkomponent hê, asook die fasilitering van persoonlike vryhede.”

Professor Sara Davies, ‘n kenner in globale gesondheidsbestuur aan die Griffith Universiteit in Australië, het aan die nuusagentskap Reuters gesê die WHO gaan “geen kapasiteit” hê om lidlande te dwing om aan maatreëls vir openbare gesondheid te voldoen nie, selfs al word daar uiteindelik tot ‘n verdrag ingestem. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%