Borsprostese herstel waardigheid
Beskikbare hande is nodig
'n Groep vrouewerkers by FNB in die hoofstad het besluit om betrokke te raak om borskankeroorlewendes se pad vorentoe meer gemaklik te maak
’n Onlangse koerantartikel oor me. Hester Koch wat sowat sewe jaar gelede begin het om borsprostese te maak, het First National Bank Namibia geïnspireer sodat nie net van sy werknemers handjie bysit nie, maar die bank het ook finansiële steun van N$20 000 vir die projek gebied.
Toe Koch ongeveer sewe jaar gelede ’n kankeragtige gewas in haar bors laat verwyder het, het sy ’n mastektomie gespaar gebly, maar sy sê haar eie ondervinding met kanker het haar lewe opnuut ’n doel gegee.
“Gelukkig vir my het hulle nie my borste verwyder nie, maar in daardie tyd het ek baie vroue ontmoet wat hul borste verloor het. Baie vroue sê hulle het nie hul borste nodig nie, maar wanneer jy klere koop, het jy dit beslis nodig,” het sy gesê.
Haar soeke na patrone vir handgemaakte borsprostese het geen vrugte afgewerp nie, maar Koch was vasberade om vroue wat hul borste laat verwyder het, te ondersteun en sy het aan die werk gespring om self patrone te ontwikkel. Vandag kan borsprostese gebrei en gehekel word of selfs uit T-hemde gemaak word.
Saam met ’n paar borsprostese ontvang vroue ’n handgemaakte sak waarin hul dreineersakkies inpas.
“Daar is werklik ’n nood vir meer mense wat kan voortgaan met die projek. Ek word ouer en ek kan nie almal in die verafgeleë dele van die land bereik nie,” het Koch gesê.
Juis om dié rede het ’n groep vroue by FNB besluit hul breipenne en hekelpenne op te neem.
“Ek het geglo hierdie is hoekom ons as vroue saamstaan en ek het net geweet my kollegas by FNB sal hierby aansluit,” het Anita Naude van FNB gesê.
Rolf Hansen, die uitvoerende hoof vir die Kankervereniging in Namibië (CAN), moedig individue oraloor die land aan om te help verseker dat elke mastektomiepasiënt ’n borsprostese kan ontvang.
“Borskanker bly steeds een van die mees algemene kankers in Namibië en is 55% van die kankerdiagnoses by vroue in Namibië. As jy kan sê jy is nog nie met borskanker gediagnoseer nie, is daardie ‘nog nie’ baie belangrik – dit beteken ons het nog tyd om ’n verskil te maak,” sê Hansen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie