FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Besparing van ’n miljard vir Psemas

Hervorming van voordelestruktuur
Hervormings by die staat se mediese fonds sny uitgawes met N$500 miljoen per jaar vir onderskeidelik die finansiële jare 2023-'24 en 2024-'25.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die staat se mediese fonds (Psemas) spaar die regering oor die volgende twee jaar ’n miljard Namibiese dollar.

Dié miljard is deel van die regering se implementering van hervormings by die fonds wat uitgawes met N$500 miljoen elk vir onderskeidelik die finansiële jare 2023-’24 en 2024-’25 sal verminder.

Die minister van finansies mnr. Iipumbu Shiimi, het tydens sy middeltermyn-begrotingsoorsig gesê toekennings aan Psemas is oor ’n tydperk van twee jaar met N$1 miljard verminder om verwagte winste van beoogde hervormings aan die voordelestruktuur van die skema, vas te vang.

Volgens Shiimi is die koste van verskeie opsies geëvalueer met die doel om die voordelestruktuur van die fonds te hervorm.

“Sulke verwagte besparings is in die mediumtermyn-bestedingsvooruitskattings ingesluit,” het die minister gesê.

Volgens sy ministerie se aanspreeklikheidsverslag is die oorsig van Psemas-kontrakte reeds 100% voltooi.

Tot op hede is nog net 70% vooruitgang met die herregistrasie van Psemas-lede en hul afhanklikes gemaak, terwyl die hervormings wat vir die skema beplan word, op 80% staan. Die omkeertyd in dae waarin geldige eise vanaf die datum van indiening by Methealth (administrateur) verwerk word, het volgens die verslag die doelwit van 60 dae bereik.

Met verwysing na die nuwe, hersiene kontrak met verskaffers van gesondheidsdienste, is die bestaande kontrak egter eers weer vir nog ’n jaar verleng. Die nuwe kontrak sou al in 2018 die lig sien, maar is herhaaldelik reeds die afgelope paar jaar uitgestel.

Die ministerie het egter reeds die kontraktering van nuwe verskaffers soos ingevolge die vasgestelde terme en voorwaardes van die kontrak vir die verskaffing van gesondheidsorg en ander verwante dienste gefasiliteer. Die ministerie is tans met Fase 3 en 4 besig in die herregistrasie van lede.

’n Konsortium van konsultante, Clinical Governance Services Namibia, is op 1 Oktober verlede jaar aangestel vir ’n aktuariële evaluering van die mediese fonds. Die konsultante moet ook voorstelle maak vir die mees geskikte modaliteite om Psemas te hervorm.

Die fokus was onder meer op die fonds se tariewe, voordele en struktuur van bydraes, sowel as Psemas se kontrak met diensverskaffers wat reeds etlike jare sonder enige wysigings voortsloer.

Die hervorming van die fonds het ook ten doel om die skema te herstruktureer vir interne kostebesparing. ’n Alternatiewe model vir diensverskaffing sowel as die omstrede standaardtariewe van 2014 van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (NAMAF) vorm deel van dié proses.

Volgens die ministerie se aanspreeklikheidsverslag is die Psemas Tegniese Oorsig-verslag reeds op 10 Desember verlede jaar aan onder meer die Psemas-koördineringskomitee gestuur, sowel as die kabinetskomitee vir openbare dienste. Die kabinet het dit ook bespreek en die koördineringskomitee is opdrag gegee om ’n aksieplan vir implementering te ontwikkel.

Met verwysing na die uitbetaling van eise, is alle uitbetalings binne die vasgestelde tydperke uitgevoer. Die betaling van eise van diensverskaffers is ook binne dieselfde finansiële jaar voltooi.

In Maart vanjaar het Shiimi gesê die aanstelling van Methealth as administrateur wat reeds sedert April 2010 dié diens verrig, was ná ’n oop en mededingende tenderproses. Methealth se kontrak was aanvanklik vir vyf jaar, wat later met 18 maande verleng is.

Die tenderproses vir ’n nuwe administrateur het uiteindelik in 2020 afgeskop, maar is maande later weer gekanselleer ten spyte van verskeie bieërs wat hand opgesteek en tenderdokumente ingedien het nadat van die vereistes aangepas is.

Shiimi het toe gesê ’n nuwe verkrygingsproses vir ’n nuwe Psemas-administrateur in sy huidige formaat, sal die doelwitte van ’n hervormingsproses van die fonds in die wiele ry.

Volgens hom is die fokus tans eers die herstel van die mediese fonds voordat enige ander prosesse aangepak word.

Psemas het tans meer as 240 000 lede, 50 000 minder as in 2019. Sedert 2016 het Psemas meer as N$11 miljard van die regering ontvang.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%