Besige nuwe kraamafdeling byna voltooi

Henriette Lamprecht
Die konstruksie van ’n kraamafdeling by die Onandjokwe-staatshospitaal is byna voltooi.

Die konstruksie beloop sowat N$59 miljoen en sal met voltooiing die grootste kraamafdeling in openbare gesondheidsgeriewe met ’n bedkapasiteit van 120 wees.

Tans kan die saal 70 beddens huisves. Die nuwe saal sal ook twee teaters, ’n hoësorgeenheid vir ma’s en babas, sowel as ’n afdeling vir noodgevalle huisves.

Volgens dr. Saad Rwehumbiza, die hospitaal se waarnemende mediese superintendent, word jaarliks meer as 7 500 babas hier gebore.

“Tans is Onandjokwe die land se nommer een in terme van ma’s wat hier geboorte skenk. Die minimum koers waarteen babas hier gebore word, is minstens een elke uur. Ons praat dus van minimum ongeveer 700 babas elke maand en dis met die bestaande infrastruktuur,” het hy gesê.

Dié getal sal volgens hom na verwagting styg wanneer die nuwe kraamsaal voltooi en amptelik geopen is. Die doel van die uitbreiding en opknapping is om die gesondheidsorg en veiligheid van ma’s en babas te verhoog, met nuwe diagnostiese en ventilasietoerusting wat deel van die afdeling se uitbreiding insluit.

Onandjokwe se kapasiteit om pasiënte wat hoësorg vereis, is ook uitgebrei van die huidige vier beddens in die intensiewesorgeenheid (ICU). Dié beddens en ruimte word tans meestal deur babas opgeneem. Die kapasiteit vir neonatale intensiewesorg is reeds in 2019 met nog vyf beddens verhoog.

Kommentaar

Republikein 2023-03-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer