Babameisie jongste Covid-19-sterfgeval
Die dood van 'n ses weke oue babameisie van Okongo aan Covid-19 het die totale Covid-19-sterftes opgestoot tot 4 021. Gister is 19 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 2,5%. Die nuwe gevalle sluit twee leerlinge, een student en een gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 253 waarvan 12 in die hospitaal is. Geen Covid-19-gevalle is tans in die intensiewesorgeenheid nie. Tot op hede het 464 167 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 397 360 mense volledig ingeënt is. Laasgenoemde is 22,3% van lede van die bevolking wat vir inenting kwalifiseer. Die herstelkoers staan tans op 97,3%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie