’n Tuin van hoop
Vrugtebome, terapeutiese tuinbeddings, sensoriese tuine en meditasieruimtes is deel van ’n “Tuin van hoop” wat by die eenheid vir geestesgesondheid by die Windhoek Sentrale Hospitaal geskep is om pasiënte se reis na genesing te ondersteun.
Dié ruimte van genesing, hoop en vernuwing vir pasiënte en die breër gemeenskap is die vrug van noue samewerking tussen die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme; landbou, visserye, water en grondhervorming; gesondheid en maatskaplike dienste; die kantoor van die eerste minister; en die Capricorn-groep se ChangeMakers. Laasgenoemde het die hulp van ’n kundige permakultuurkonsultant Stephan Eins ingeroep om die grond te ontleed en raad te gee oor die uitleg van die tuin en plantkeuses.
Die omgewingsministerie het ’n reeks plante en saailinge uit hul kwekery bygedra vir die spesiale tuin en buiten vir leiding en raad, ook met die aanplanting gehelp. Dit het saamgeval met Wêreldgeestesgesondheiddag, met Marlize Horn, Capricorn se hoof van korporatiewe aangeleenthede, wat die tuin as ’n koesterende omgewing beskryf het waar liggaamlike en geestelike genesing kan floreer.
“Die Tuin van hoop is nie net ’n ruimte vir plante om te groei nie, maar ’n simbool van vernuwing, veerkragtigheid en gemeenskap. Die inisiatief herinner ons dat genesing in baie vorme kan gebeur en dat ons saam hoop kan koester waar dit die nodigste is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie