Geen mynbou by Brandberg
Benoeming vir Unesco-erfenisgebied tel spoed op
Die erfenisraad wil die Dâures/Brandberg-erfenisgebied met 'n 10 km bewaringsgebied omring
Sowat 650 vierkante kilometer rondom die majestueuse Brandberg is reeds tot mynboubedrywighede beperk en die Nasionale Erfenisraad van Namibië (NHC) stel voor dat 'n verdere radius van 10 km rondom die erfenisgebied in 'n bewaringsgebied omskep word.
Dít te midde van Namibië se voorbereiding om die status van Brandberg – ook bekend as Dâures in Khoekhoegowab – amptelik tot ‘n wêrelderfenisterrein van die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) te laat verhef.
Die kabinet het reeds in September die aansoek goedgekeur.
“Sedert die terrein in 1951 as 'n nasionale monument verklaar is, is dit onttrek aan alle vorme van mynbou en eksplorasie,” sê Beverley Alexander, NHC se woordvoerder. “Sodra die gebied by die Wêrelderfenislys gevoeg word, bepaal die Wêrelderfeniskonvensie van 1972 dat geen mynboubedrywighede binne Wêrelderfenisterreine toegelaat word nie. Daar word van lidlande vereis om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat ontginningsnywerhede wat binne hul jurisdiksie bedryf word, geen skade aan wêrelderfenisgebiede veroorsaak nie, in ooreenstemming met Artikel 6 van die konvensie. Daarom sal daar verhoogde beskerming en strenger monitering wees volgens die internasionale regsinstrumente,” brei sy uit.
Tans is daar eksklusiewe eksplorasielisensies en mynboukleims naby die gebied toegeken, maar geen eksplorasie of grootskaalse mynbou word op die oomblik binne 10 km om Dâures/Brandberg gedoen nie, volgens die NHC. Tekens van kleinskaalse onwettige mynbedrywighede is wel opgemerk.
In ‘n vorige verklaring uitgereik in Oktober het die NHC uitdruklik beklemtoon: “Dit is belangrik om te verduidelik dat die bedrywighede wat tans op die berg plaasvind, onwettige mynboubedrywighede daarstel.”
Die Erfenisraad se verklaring lui: “Die betrokke individue moet verstaan dat hul lewensbestaan, alhoewel dit lank reeds bestaan, gebaseer was op die ongemagtigde en onwettige ontginning van minerale hulpbronne.”
Volgens Alexander is die NHC in gesprek met die ministerie van nywerheidsontwikkeling, myne en energie om meganismes te identifiseer waardeur evaluering, monitering en afdwingingspogings versterk kan word. “Enige vernietigende bedrywighede, insluitend steengroefwerk en mynbou of ongemagtigde versameling, is streng verbode,” benadruk sy aan en sê dat die raad in die verlede saam met wetstoepassing gewerk het om patrollies rondom die eiendom uit te voer.
“Hierdie konsultasies en betrokkenheid is aan die gang, aangesien dit 'n noodsaaklike aspek van beide benoemingsproses en die breër gemeenskapsuitreikstrategie vorm,” sê sy.
Ander kommersiele bedrywighede soos toerisme, boerdery en die ontwikkeling van nedersettingsinfrastruktuur word nie geraak nie, solank hulle versoenbaar met erfenisbewaring is, voeg sy by.
Alexander benadruk dat Dâures/Brandberg se benoeming as wêrelderfenisterrrein 'n positiewe sosioëkonomiese impak op die plaaslike gemeenskappe sal hê.
“Internasionale erkenning versterk die plek se profiel en lok meer toeriste,” sê sy. “Internasionale erkenning sal die besigheid en die lewensbestaan van die plaaslike gemeenskappe 'n hupstoot gee.”
Brandberg is sedert 2002 op Namibië se Unesco se voorlopige lys geplaas as ’n terrein van uitmuntende natuurlike en kulturele waarde.
Brandberg verrys meer as 2 500 meter bo seespieël en is die hoogste berg in die land wat vanuit die ruimte sigbaar is.
Die terrein bevat meer as 50 000 rotstekeninge op meer as 900 liggings. Die bekendste hiervan is die Witvrou-rotstekening wat meer as 2 000 jaar oud is. Daar word geglo dat rotskuns oor ’n tydperk van ongeveer 4 000 jaar gelede tot die meer onlangse prekoloniale era strek.
Die berg word sedert 1951 deur Namibiese wetgewing beskerm, toe dit tot ’n nasionale monument verklaar is. Besoekers benodig permitte van die NHC, en amptelike gidse is verpligtend vir alle staptogte en toegang tot die terrein om die brose omgewing en rotskuns te beskerm.
Indien Brandberg suksesvol is, sal dit by Twyfelfontein (verklaar in 2007) en die Namib Sandsee (2013) aansluit as Namibië se derde Unesco-wêrelderfenisterrein.
Brandberg word nie net erken vir sy uitgebreide argeologiese rekord nie, maar ook vir sy ekologiese belangrikheid, met ten minste 11 endemiese plantspesies en woestynaangepaste wildlewe, insluitend reptiele, voëls en soogdiere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie