AZ herdenk 110 jaar
Die Duitse dagblad, Allgemeine Zeitung (AZ), het gister die reuse-mylpaal van sy bestaan van een eeu en een dekade herdenk. Die AZ is die enigste Duitse koerant in Afrika. Ter herdenking van die 110de bestaansjaar, het Allgemeine Zeitung ’n AZ-glanstydskrif in Engels uitgegee wat ’n geskiedkundige oorsig bied. Die tydskrifte word landswyd gratis versprei en ’n beperkte aantal is nog by die hoofkantoor van Namibia Media Hub (NMH) in Ruhrstraat 7 in die noordelike nywerheidsgebied in Windhoek beskikbaar. Van links is Rodney Swartbooi (grafiese ontwerper), Katharina Moser (vryskutjoernalis), Nangula Nelulu Uaandja (nuwe uitvoerende hoof van Emeraldsand Platforms), Ann-Kathrin Truter (joernalis), Christiana Angermund (bemarker) en redakteur Stefan Noechel. Foto Francoise Steynberg


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie