'Watter gesprekke het hulle om die etenstafel?'
Dit is skokkend dat jongmense wat in vryheid gebore is, so iets kan doen.
Net so skokkend is dat daar ouers en skole is wat, klaarblyklik in ’n era en in ’n land soos Namibië wat homself as ’n reënboognasie sien, nie hul kinders die pynlike geskiedenis van woorde soos die K-woord leer nie.
“Wat se gesprekke het hulle om die etenstafel, die kampvuur of in die geskiedenisklas?” het die menseregte-prokureur Norman Tjombe gevra in reaksie op twee leerlinge wat by ’n Halloween-huispartytjie hul gesigte swart geverf en baadjies met die gewraakte K-woord op gedra het.
Volgens hom verbied die Wet op Rasseverbod van 1991 rassistiese dade en maak voorsiening vir ernstige strafregtelike strawwe van tot 15 jaar tronkstraf.
Met verwysing na die feit dat die twee seuns ’n private partytjie bygewoon het, het Tjombe gesê “selfs al is die daad by ’n private geleentheid of in ’n private huis gepleeg, verbied die wet rassisme – veral deelname aan die verspreiding of bevordering van rassistiese inhoud”.
Die feit dat die oortreders minderjariges is, sal volgens Tjombe net as versagting dien indien hulle aangekla en skuldig bevind word.
“Die wetlike minimum ouderdom vir strafregtelike verantwoordelikheid is sewe, maar daar is ’n weerlegbare vermoede dat kinders tussen sewe en 14 nie die kapasiteit het om ’n misdaad te pleeg nie,” het hy verduidelik.
Daarom moet die aanklaers, volgens Tjombe, bewys dat hulle geestelik in staat was om te besef dat hul optrede verkeerd was en die gevolge daarvan verstaan het.
Alida Hill, die uitvoerende hoof van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), waar een van die twee seuns ’n leerling is, het by navraag deur Network Media Hub (NMH) gesê die skool is “diep teleurgesteld”.
“Ons keur hierdie optrede onder geen omstandighede goed nie. Ons is geskok dat enigiemand so iets sal doen,” het sy gesê.
Volgens Hill sou die skool gister ’n ontmoeting met die leerling se ouers vir ’n dissiplinêre sitting hê.
Die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) waar die ander seun ’n leerling is, het in ’n verklaring gesê dissiplinêre stappe is onmiddellik teen hom geneem. DHPS het beklemtoon dat enige vorm van diskriminasie, veral rassisme, nie geduld sal word nie.
“Ons is verbind tot ’n eerbiedige omgewing vry van diskriminasie,” lui die verklaring.
Volgens die skool is die minister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, ook by die saak betrek.
Steenkamp het op haar beurt gevra vir streng en onmiddellike optrede. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie