Wat is donkerder as donker?
Geen onderskeid tussen klas, ras, geslag
Nege in drie dae. Drie per dag. Syfers in 'n misdaadverslag wat niks of weinig verklap van die méns agter die besluit om 'n boom te kies met 'n tak sterk genoeg vir 'n tou en gewig of die uithaal van 'n geweer uit 'n kluis om vir altyd die versmorende donker te besweer.
Dit ontsien geen geslag, geen ras, geen ouderdom en geen klas nie.
Of dit iemand is wie se tuiste ’n sinkhuis is en in ’n informele nedersetting bly met ’n karige of geen inkomste en soms ’n gesonde maaltyd en of dit iemand is met ’n mooi huis in ’n gegoede woonbuurt en ’n salaris genoeg vir twee voertuie in die motorhuis.
Namibië is reeds vir etlike jare boaan die lys vir die land in Afrika met die hoogste selfdoodkoers van 9,7 uit 100 000 inwoners wat hul eie lewe neem. In die wêreld is Namibië op nr. 4, maar dié statistiek is reeds verouderd en die kans is goed dat die werklikheid tans veel erger daarna uitsien. Tussen Januarie en Maart vanjaar het 124 mense landswyd hul eie lewens geneem. Hiervan was 108 mans – ’n eggenoot, ’n pa, ’n seun, ’n broer.
Die meeste gevalle was in die sentrale noordelike dele van die land met 20, gevolg deur Omusati met 17 en Kavango-Oos met 14. Verlede jaar was geen uitsondering nie en tussen Januarie en Mei het 151 mense besluit dat dit hul enigste uitweg was. Hiervan was 123 mans. In totaal het die land in die 2023-’24-boekjaar 542 inwoners aan hul eie hand verloor – 449 mans, 80 vroue en 13 kinders. Hiervan was agt seuns en vyf meisies. Deel van dié statistiek is ’n vyfjarige, maar aan die begin van die lewe en ’n 103-jarige wat gekies het om self ’n lewe van meer as ’n eeu op aarde wat so min mense beskore is, self te beëindig.
Twee jaar gelede, tussen Augustus 2022 en Junie 2023, is 623 selfdoodgevalle aangeteken, ’n gemiddeld van een per dag, tot die drie per dag waar die land nou staan soos die koers sedert 2020 al hoe meer gestyg het.
Die misdaadverslae fokus op diegene wat suksesvol was, maar daar is ook die syfers van diegene wie se pogings onsuksesvol was, ás dit by die polisie aangemeld is. In dieselfde finansiële tydperk van 2023-’24 het sowat 3 000 Namibiërs hul lewens probeer neem. Hier is daar nie aantekeninge oor geslag of ouderdom nie, of hulle professionele hulp gekry het, in ’n inrigting opgeneem is, berading of medikasie ontvang het nie. En het jy geen of weinig idee of hulle toe wel later deel van die selfdoodstatistiek geword het nie.
Namibië se president, Netumbo Nandi-Ndaithwah, erken dit gee haar slapelose nagte en laat haar bekommerd en baie hartseer. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esperance Luvindao, spreek op haar beurt haar frustrasie en kommer uit oor die voortgesette vertragings in die finalisering van die langverwagte wet op geestesgesondheid. Volgens Luvindao is ’n verbysterende 102 900 geestesgesondheidsgevalle in die 2024-’25-boekjaar by die staat aangeteken. Dis ook net diegene wat besluit het om hulp te soek by die staat se enigste twee eenhede vir geestesgesondheid en wel by die Oshakati- en Windhoek Sentrale Hospitaal.
Oshakati se eenheid het 80 beddens en huisves die meeste van die tyd noodgedwonge tot 200 pasiënte. Die ministerie erken dit neem tot 90 pasiënte per dag in. Die eenheid vir buitepasiënte bedien ’n minimum van 100 pasiënte per dag met net een psigiater wat na almal moet omsien.
Dié twee eenhede is verantwoordelik vir inwoners met geestesgesondheidsprobleme uit vier streke, naamlik Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena, met die ministerie wat erken die huidige gespesialiseerde personeel is hopeloos te min om in die aanvraag te voldoen.
Hoewel sommige van die dienste ook by distrikshospitale aangebied word, is dienste nie gemeenskapsgebaseerd nie en onvoldoende in primêre gesondheidsorg geïntegreer.
Die nasionale verwysingsentrum vir mense met geestesongesteldhede, die Sentrale Hospitaal, het amptelik 124 beddens, maar die aanvraag is so groot, dat pasiënte dikwels vir ’n veel korter tydperk opgeneem word as wat nodig is. Die gevolg is dat pasiënte noodgedwonge vroeër ontslaan word om plek vir nuwe pasiënte te maak.
Die eenheid vir forensiese psigiatriese dienste op dieselfde perseel het 84 beddens, met ’n kliniek vir buitepasiënte wat net Maandae tot Woensdae dienste lewer en ’n minimum van 45 pasiënte help.
Uitreikklinieke buite Windhoek word van Maandag tot Vrydag gehou met ’n gemiddeld van 20 pasiënte per dag wat gesien word. Naweke is daar niks. Al die bogenoemde dienste by die Sentrale Hospitaal moet met twee psigiaters, twee sielkundiges en drie mediese beamptes klaarkom.
Pasiënte van buite die hoofstad is veronderstel om vir ten minste 72 uur by hul naaste gesondheidsorggeriewe gehelp te word, volgens ministeriële protokol. Sou die persoon egter steeds geen verbetering toon nie, sal die dokter (indien beskikbaar) hom of haar eers na ’n psigiater verwys.
Weer eens erken die ministerie tekortkominge en dié keer met die verwysingstelsel aangesien personeel op distriks- en kliniekvlak nie oor die voldoende vaardighede beskik om pasiënte met geestesongesteldhede te hanteer of te verwys nie.
Luvindao het gewaarsku dat die traagheid om kritieke hervorming vir geestesgesondheid te implementeer, kos letterlik mense se lewens.
Volgens amptelike data van die ministerie was daar 91 500 konsultasies vir die 2024-’25-boekjaar, terwyl 11 400 pasiënte opgeneem is.
Kan dit regtig tien jaar neem om een wetsontwerp te finaliseer? het Luvindao gevra en beklemtoon prosesse is daar om die mense te dien, nie vooruitgang te vertraag nie.
Die aanbied van slypskole takel beslis ook nie die groeiende krisis nie, eerder wetgewing, finansiering en behandeling, het sy gemaan.
Regs- en infrastruktuurraamwerke wat veronderstel is om geestesgesondheidsorg te ondersteun vir meer as 85% van die bevolking wat afhanklik van die staat vir dié sorg is, is verouderd of onvolledig en gaar stof op, terwyl “ons mense het wat ly en sterf”, het Luvindao gesê.
Die minister wat erken sy het tydens haar studies professionele hulp vir angs gesoek, het beklemtoon uitbranding en depressie is nie deel van ’n persoon se posbeskrywing nie. Sy het verwys na die ongelykheid tussen politieke retoriek en finansiële verbintenis en beklemtoon dit is een ding om te sê geestesgesondheid maak saak en is belangrik, maar ’n ander om dit in die begroting te sit.
As voorbeeld het Luvindao na die bou van die Windhoek-distrikshospitaal verwys wat geen ruimte beskikbaar het vir berading of dringende opnames wat met geestesgesondheid verband hou nie.
“Die boodskap”, sê Luvindao, is “ons gee nie om nie”.
“Elke selfdood is die stelsel wat misluk. En ons kollektiewe menslikheid,” sê sy.
Nege ménse in drie dae. Drie ménse per dag met stukkende geliefdes en onbeantwoorde vrae wat agterbly. – [email protected]
BLADSY 7
Breek die stilte
Quinn Bowe
Namibië verkeer in die greep van ’n verwoestende geestesgesondheidskrisis – een wat te dikwels ongemerk, onbespreek en onbehandel bly.
Selfdood, ’n woord wat ons huiwer om hardop te sê, het stilweg een van die grootste oorsake van onnatuurlike sterftes in ons land geword.
Elke jaar neem honderde Namibiërs hul eie lewens. Volgens statistiek van die Namibiese polisie is meer as 500 selfdoodgevalle in 2023 alleen aangemeld – die oorgrote meerderheid mans, maar toenemend ook vroue en kinders. Hierdie syfers is nie net statistiek nie; dis ons broers, dogters, ooms, studente en bure.
Hierdie krisis is nie meer iets wat ek net in koerante lees nie – dit het aan my eie voordeur kom klop.
Op ’n stil Sondagmiddag in Outjo in die Kunenestreek het my buurman – ’n man wat alleen woon – amper nog ’n naam op hierdie tragiese lys geword. Ons het vreemde, verstikkende geluide uit sy huis gehoor. Aanvanklik was ons onseker wat dit was. Maar toe ons sy naam van ons erf af roep en geen antwoord kry nie, het iets verkeerd gevoel. Ons het sy erf binnegegaan, en soos ons die deur nader, het die geluid net meer ontstellend geraak – soos iemand wat probeer asemhaal of gorrel.
Die deur was gelukkig oop. Binne het ons hom aan die dak sien hang, besig om te stik – net sekondes van die dood af. Ons het hom vinnig losgekry. Deur genade het ons betyds opgedaag om sy lewe te red. Nooddienste is ontbied en hy is na maatskaplike werkers verwys. Hy het uiteindelik hulp gekry.
Maar nie almal kry ’n tweede kans nie.
In 2015 het ek ’n dierbare vriend aan selfdood verloor. Geen brief. Geen afskeid. Net stilte. Woorde wat ongesê gebly het. As ons maar geweet het. As ons maar gevra het. As hy maar veilig gevoel het om te praat.
Soveel Namibiërs dra soortgelyke stories. Van Windhoek tot Opuwo, van Katima Mulilo tot Keetmanshoop, het selfdood sy pad in ons huise gevind – lewens geneem en rou gelaat wat dikwels nooit genees nie. Die pyn word vererger deur ons kultuur van stilbly en die stigma rondom geestesgesondheid.
Ons moedig mense aan om “sterk te wees” of “net te bid,” maar selde verwys ons hulle vir professionele hulp. In landelike gebiede is sulke dienste skaars. Selfs in stedelike gebiede bly geestesgesondheidsorg duur en moeilik bereikbaar.
Namibië moet optree. Dit is nie net ’n gesondheidskwessie nie; dit is ’n nasionale noodtoestand.
Ons het dapper, gekoördineerde aksie nodig:
– Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsdienste moet uitgebrei word, met opgeleide professionele persone beskikbaar in beide landelike en stedelike gebiede.
– Nasionale selfdoodvoorkomingshulplyne moet ingestel word – tolvry, vertroulik en beskikbaar in plaaslike tale.
– Geestesgesondheidsonderrig moet deel word van die skoolkurrikulum, sodat jongmense leer hoe om hul emosies te hanteer en hulp te soek.
– Openbare bewusmakingsveldtogte moet stigma beveg en mense aanmoedig om hulp te soek.
– Opleiding vir onderwysers, polisiebeamptes en tradisionele leiers is noodsaaklik om waarskuwingstekens te herken en mense na gepaste ondersteuning te verwys.
En op ’n persoonlike vlak, moet ons weer leer om werklik om te gee. Vra jou vriende hoe dit regtig gaan. Kyk in op die stil buurman. Luister meer. Moenie oordeel nie. Dikwels kan een daad van deernis ’n lewe red.
Elke selfdoodgeval is ’n tragedie. Elke lewe wat verlore gaan, is een te veel. En elke oorlewende is ’n herinnering dat hulp moontlik is – dat genesing kan gebeur, maar net as ons genoegsaam omgee om in te gryp.
Namibië kan nie meer stilbly nie. Laat ons ons stemme verhef, ons harte oopmaak en ’n samelewing bou waar niemand alleen in die donker hoef te ly nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie