'Vermiste vergoedingsmiljoene' 'n bedrogspul, sê VN
Voormalige SWATF- en Koevoetlede soek hul geld
Die regering weier om voormalige SWA-gebiedsmag- (SWATF) en Koevoet-lede as oorlogsveterane te erken.
Bewerings dat meer as US$100 miljoen in ontbindingsfondse van die Verenigde Nasies (VN) nooit voormalige SWA-gebiedsmag- (SWATF) en Koevoetlede bereik het nie, was die dryfveer vir gekoördineerde protesoptogte in Swakopmund, Keetmanshoop en Rehoboth.
Veterane sê die geld, tesame met bykomende bydraes van Suid-Afrika, die Europese Unie (EU) en Statebondlande, kan sedert Namibië se onafhanklikheid nie verklaar word nie.
Protesgangers in Swakopmund het by die Amfiteater vergader voordat hulle na vier handelsbanke beweeg het. In dieselfde tyd het optogte op Keetmanshoop en Rehoboth plaasgevind. Ander dorpe het onttrek, omdat hulle nie betyds goedkeuring van die polisie kon kry nie.
Lorenzo Beukes wie se pa aan die optog deelgeneem het, sê veterane baklei al "die afgelope meer as 30 jaar" vir die vrystelling van die VN-gekoppelde fondse en het steeds niks ontvang nie. Beukes sê die optogte teiken ook die regering se weiering om voormalige SWATF- en Koevoet-lede as oorlogsveterane te erken en die ekonomiese swaarkry wat baie nou in die gesig staar.
“Baie van die veterane het geen inkomste, geen mediese dekking, geen werk nie,” het hy gesê.
Volgens die klagskrif wat aan die VN se hoë kommissaris vir menseregte gelewer is, het die VN in 1989 sowat US$100 miljoen in 'n ontbindingsfonds betaal wat bedoel was vir lede van SWATF, Koevoet en die People's Liberation Army of Namibia (Plan). Die oudvegters beweer dat die geld hulle nooit bereik het nie. Die klagskrif verwys ook na N$36 miljoen van Suid-Afrika en verdere ongespesifiseerde bydraes van die EU en Statebondlande wat eweneens “nooit die beoogde begunstigdes bereik het nie”.
Volgens die petisie is net 'n klein aantal SWATF-lede ná onafhanklikheid in die Namibiese weermag (NDF) geïntegreer en eerder byna in geheel met Plan-vegters gevul. Die uitsluiting het SWATF- en Koevoet-lede werk, voordele en behuising ontsê, terwyl dit volgens die klagskrif ook hul menseregte, en regte tot gelykheid, nie-diskriminasie en voldoende lewenstandaarde geskend het.
Willem Coetzee, een van die koördineerders, sê die veterane glo "vergoedingsprogramme" wat aan die VN en EU gekoppel is, bestaan binne die kommersiële banke, maar is hangende magtiging steeds gesluit. Volgens hom is aan hulle gesê dat een van die stelsels "slegs met 'n VN-PIN-nommer oopgemaak kan word" en dat personeel óf die bestaan daarvan ontken, óf sê dat bestuurders nie beskikbaar is nie. Coetzee het gesê veterane wil weet wat met die beweerde fondse gebeur het en of rente opgehoop het.
“Waarom moet ons steeds in armoede leef as daar geld in die banke is wat veronderstel is om aan ons uitbetaal te word?” het hy gevra.
Volgens die groep beswaardes het hulle herhaaldelik vergaderings met owerhede versoek, maar afsprake word glo uitgestel of geïgnoreer. Beukes sê die groep “loop teen ’n betonmuur vas” elke keer wanneer hulle probeer uitvind waar die geld heen is en wanneer betalings verwag kan word.
Die groep doen in die klagskrif ’n beroep op die VN, die EU en die Namibiese regering om in te gryp en die vrystelling van die beweerde fondse deur die Bank of Namibia (BoN) en handelsbanke te beveel. Sou owerhede nie op hul versoeke reageer nie, lui die klagskrif dat hulle internasionale toegang deur die Verdrag van Rome van die Internasionale Strafhof (ICC) sal soek.
Standard Bank het bevestig dat hulle die groep se klagskrif ontvang het en verdere inligting versoek het om die beweerde betalingslêers te verifieer.
“Gebaseer op die inligting wat tans verskaf is, kan ons nie die betalingslêers opspoor of verifieer nie,” het die bank gesê en die veterane gevra om datums van die oordragte, die entiteit waarvandaan die fondse gestuur is en enige relevante rekening- of verwysingsnommers te verskaf sodat hulle 'n volledige hersiening kan doen. Ander handelsbanke het die klagskrif erken en aangedui dat hulle amptelike antwoorde op ’n gepaste tyd sal verskaf.
'n Beroep is op die VN se kantoor in Namibië is begroet met 'n onmiddellike verwerping van die groep se bewerings. Die VN-verteenwoordiger het gesê die bewerings is 'n "bedrogspul", dat die veterane "mislei word" en dat hulle op hul beurt "ander mislei".
"Die VN skuld hulle geen geld nie, het geen sulke fondse nie en het herhaaldelik probeer om dit sonder sukses aan die groep te kommunikeer," het die verteenwoordiger gesê.
'n Reaksie van die BoN is nog hangende.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie