Van stofstrate tot swembad
Meer as 100 kinders van Okahandja se informele nedersettings het hul stowwerige strate verruil vir 'n sopnat avontuur by Adventure Land, die dorp se pretpark.
Vir baie kinders van was dit nie net ’n daguitstappie nie, maar het Maandag die heel eerste keer hul tone in 'n swembad gesit.
Daisy Hamases het trots aangekondig het dat dit haar eerste keer by 'n swembad was. Sy kom van 'n nedersetting sonder elektrisiteit of lopende water en het gesê sy was eenvoudig dankbaar vir die kans om in water te speel en 'n dag te geniet.
Kinders het na die swembad gehardloop en geskree: "Water, water!" asof hulle 'n skat ontdek het.
Die uitstappie wat oorspronklik vir 60 kinders beplan was, het vinnig tot meer as 100 gegroei soos die woord versprei het. Hoe meer kinders, hoe vroliker en hoe harder die gelag.
Gemeenskapsaktivis Sethy Gariseb wat die dag georganiseer het, het aan Network Media Hub (NMH) gesê die pret het nie by swem opgehou nie. Elke kind het ook 'n kospakkie ontvang, wat verligting en dankbaarheid by die dag gevoeg het.
Vir kinders soos Daivian Mujazu was die uitstappie niks minder as buitengewoon nie. “Ek kom van 'n plek waar daar geen water en elektrisiteit is nie en ons kry nooit sulke geleenthede nie. Al wat ek regtig kan sê, is dankie.”
Adventure Land se bestuurder, wat verkies anoniem te bly, het gesê dis wonderlik om die kinders so gelukkig te sien. “Om al die vreugde en glimlagte op die gesigte van die kinders te sien, vertel 'n storie op sy eie,” en bygevoeg dat daar beplan word om nóg 'n pretdag vir kinders van ander informele nedersettings aan te bied wat dit dit nie hierdie keer nie kon bywoon nie.
Vriende van die organiseerders het ook vrygewig, maar stilweg kos en koeldrank bygedra en verkies om anoniem te bly.
Deon Booysen, 'n werknemer van Adventure Land, het die vermaakpark se eienaars, Roland en Clayton Jacobs, hartlik bedank. Adventure Land beplan om toegang gedurende die week vir kinders teen halfprys aan te bied, wat daarop gemik is om ouers te help wat nie altyd die volle pryse kan bekostig nie, maar steeds wil hê dat hul spruite pret moet hê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie