FOTO argief
FOTO argief

Twee begraafplase vol

Aurelia Afrikaner

Rehoboth se dorpsraad het planne aangekondig om sy twee bestaande begraafplase vir enige nuwe begrafnisse te sluit. 

Die besluit volg na aanleiding van ’n gebrek aan beskikbare ruimte en skade wat aan die heinings by die twee begraafplase op die dorp aangerig is. Die raad het tydens ’n vergadering gesê albei die begraafplase wat oorkant die Hoërskool Rehoboth geleë is, is vol. 

Volgens die raad het begrafnisse reeds by die nuwe begraafplaas plaasgevind, met inwoners wat aangemoedig word om voortaan die perseel vir toekomstige begrafnisse te gebruik. 

Inwoners wat egter vroeër grafte in die twee bestaande begraafplase gekoop het, sal egter anders hanteer word as diegene wat nie grafte verseker het nie. 

’n Amptelike openbare kennisgewing sal deur die raad uitgereik word, waarin die reëlings vir die sluiting van die twee begraafplase uiteengesit word. 

Die besluit kom te midde van kommer oor die voortgesette skade aan heinings wat, volgens die raad, onherstelbaar beskadig is. – [email protected]




Kommentaar

Republikein 2026-11-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer