Troy is nou ’n stadsjapie
Die Belgiese malinois en opgeleide spoorsnyhond wat sy regtervoorbeen ná ’n skietvoorval verlede jaar verloor het, is nou ’n properse Windhoeker. Troy wat twee keer geskiet is, se been is vergruis en moes amputeer word.
Sedert die voorval is daar weinig Namibiërs wat nie wil weet hoe dit met hulle driepoot-held gaan nie en die goeie nuus is dat hy ’n liefdevolle nuwe huis in die hoofstad gekry het waar hy meer as genoeg liefde, aandag, oefening en ja, ook opleiding kry.
Troy en Stella, ook ’n Belgiese malinois en die ma van hul ses babahondjies wat ’n jaar gelede gebore is, se nuwe eienaar is Herman van Zyl. Dis duidelik dat Stella en Troy dolgelukkig is in hul nuwe tuiste en ja, sê Herman, “hulle slaap op die bed!”.
Troy en Stella besoek ook die K9 Academy waar hulle opleiding by die eienaars, Gavin Damon en Nelson Madzianyanja, ontvang. As jy meer wil weet, maak seker jy kyk môre se episode van Uitspeel om meer oor die Belgiese stadsjapies se nuwe lewe uit te vind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie