Troeteldiere kom eerste by ARK

’n Onmiskenbare roeping
Die rehabilitasie van troeteldiere lê Ali Ryan van The ARK Rescue na aan die hart.
Tanja Bause
“In Januarie het ’n dringende pleidooi van Kim, ’n inwoner van Omaruru, ons bereik van ’n hond wat uiters ondervoed was en aan die buitewyke van die dorp rondgedwaal het,” sê Ali Ryan, van The ARK Rescue & Rehabilitation op Omaruru.

Dít is hoe Survivor by The ARK beland het. Sy herstelpad was lank, maar hy is nou gereed om in die volgende paar weke saam met Kim huis toe te gaan.

“Sy reis by The ARK het met ’n uiterste geval van bosluiskoors en erge wanvoeding begin. Binne twee dae het nog ’n uitdaging sy kop uitgesteek – ’n pynlike oop wond in sy lies wat veroorsaak is deur die byt van ’n bontpootbosluis. Ongelukkig het sy verswakte toestand narkose onmoontlik gemaak. Ons het egter die wond sorgvuldig versorg, die besmette weefsel verwyder en die nodige behandeling verskaf.”

“Tesame met twee operasies om die wond toe te maak – sodra die tyd reg was – het sy rehabilitasie altesaam 10 weke geduur.”

Kim en haar man, Meino Mast, het besluit om Survivor, wat hulle na Simba herdoop het, aan te neem.

Ali se passie is wilde diere, maar daar is so baie troeteldiere wat hulp benodig dat sy besluit het om iets te doen. Sy het sowat twee jaar gelede The ARK begin.

Die organisasie help diere van Omaruru, Karibib en Usakos wat rehabilitasie benodig. Daar is geen ander dierewelsynsorganisasie van sy soort in die omgewing nie.

“Ons hooffokus is om ’n toegewyde rehabilitasiesentrum vir troeteldiere in nood te wees. Ons span wy hul tyd aan die daaglikse rehabilitasieproses en het ’n passie om ’n positiewe impak te maak. Terwyl ons wel gesonde diere het wat op soek na hul ewige tuiste is, fokus ons daarop om diere met beserings of siektes – soos Simba – te rehabiliteer. Dit om te verseker dat hulle ’n wel verdiende tweede kans kry.”

Ali het aan die begin van haar huis af gewerk. Die aantal diere het egter so toegeneem dat sy ’n groter plek moes kry. Vandag is The ARK op ’n plot geleë, met twee huise vir katte, baie hondehokke en die rehabilitasiesentrum.

Corischna Grobler – nog ’n spanlid – speel ook ’n belangrike rol in die diere se lewe saam met Ali en Petrus Dhiladhileni wat die diere voer en skoonmaak. Ten spyte van hul klein span, ken hul toewyding geen perke nie.

The Ark huisves tans 65 diere, insluitend volwasse tot babahonde en katte en selfs ’n paar hase.

REHABILITASIE

Hulle is tans besig om drie honde met kanker te rehabiliteer.

“Dit is nie ongewoon vir mense om verbaas te wees wanneer hulle uitvind ’n hond kan kanker kry nie. Die tipe kanker by honde is egter baie algemeen, en hoogs behandelbaar. Ons het onlangs ’n tweejarige hond suksesvol behandel wat met oordraagbare geslagsgroeisels (TVT) gediagnoseer is. Die hond is dié week gelukkig in ’n liefdevolle huis aangeneem is.”

Die organisasie het tot dusver meer as 20 honde met TVT suksesvol behandel.

DOLLY

“Dolly, ’n klein swart hondjie, het in September 2022 haar pad na The ARK Rescue gevind, en dit het vinnig geblyk sy het ’n ernstige besering opgedoen. Haar agterbeen was gebreek, en by nadere ondersoek is vasgestel dat dié breuk vir etlike weke onbehandeld was.

“Op slegs agt weke oud is dit werklik hartverskeurend om te dink hoe hierdie onskuldige klein hondjie dit reggekry het om weke aaneen die pyn te verduur om op ’n gebreekte femur te loop.”

“Terwyl diere gewoonlik vinnig aanpas ná die verlies van ’n ledemaat, was Dolly se herstel meer uitdagend.

“Ons was bekommerd oor haar welstand, en ons het elke moontlike opsie ondersoek. Wat uiteindelik gelei het tot die amputasie van een van haar bene ná twee maande se pogings om die been te red.

“Ons het haar toe in ’n swembad begin rehabiliteer. Met die hulp van my neef, Josh, wat twee keer per dag onvermoeid saam met Dolly geswem het, het sy geleidelik haar spiere met waterterapie opgebou. Dit was ’n merkwaardige keerpunt vir haar.”

Meino werk in Windhoek en hy neem gereeld diere vir The ARK na die veeartse in Windhoek. Dolly was een van die honde wat hy aangery het toe hulle haar been geamputeer het. Hy het onmiddellik verlief op haar geraak. Dolly is nou vol lewe en geniet elke oomblik. Kim en Meino het haar ook aangeneem.

WALNUT

In Mei het die span ’n ontstellende oproep ontvang.

’n Besope man was besig om ’n klein hondjie te mishandel en hulle het dadelik opgetree.

“Ons het die situasie gemonitor, ingegryp en daarin geslaag om Walnut na veiligheid te bring. Met die polisie se hulp het ons ’n uitdagende situasie in die gesig gestaar, maar ons prioriteit was om Walnut te beskerm en te verseker dat die mishandeling stop.

“Hierdie onskuldige hondjie is verwaarloos, het lang tydperke sonder kos en behoorlike versorging gegaan en is soos ’n lappop rondgegooi.

“Walnut was bedek met iets wat soos gom gelyk het, en ons pogings om hom skoon te kry, was nie heeltemal suksesvol nie. Nadat ons hom drie keer gebad het, was alles nog nie verwyder nie.”

Walnut is nou rond en gesond en word vreeslik deur sy nuwe eienaar, Kayla Pedreiro, bederf.

RAAD

“Wanneer jy tyd het en wil help, gaan na jou naaste dierewelsynsorganisasie en gaan help. Jy hoef nie geld te gee nie. Jy kan eenvoudig net met die honde gaan stap.”

“Daar is min dierewelsynsorganisasies in Namibië, maar die nood is groot en ons word ooreis. Steriliseer jou dier, veral katte. ’n Kat kan of vier maande swanger raak en dan sit jy of die plaaslike diereorganisasie met die klein katjies. As jy dit nie kan bekostig nie, vra vir hulp. The ARK is verantwoordelik vir Have-a-Heart se sterilisasie- en kastrasieveldtogte op Omaruru en in die omliggende gebiede.”

“Om diere te help, is nie net ’n passie vir my nie, dis ’n diepgewortelde verbintenis wat gedryf word deur die eenvoudige vraag: Hoe kan ons ons rug op diegene in nood draai? Met ontelbare diere wat bystand benodig, is dit ’n onmiskenbare roeping om op enige manier – soos ek – te help.”

Mense wat meer oor The ARK Rescue & Rehablitation wil uitvind of betrokke wil raak, kan by die organisasie se Facebookblad gaan inloer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026