Toerisme verloor ’n baanbreker

Toergids en stigter van NATH
Helmut zur Strassen se dors na kennis het geen perke geken nie en deur sy oop geaardheid en hartlike interaksie met mense, het hy groot dele van die land en sy mense leer ken.
Tanja Bause
Helmut zur Strassen, wat diep spore veral in die toerismebedryf en opleiding van toergidse in die land getrap het, is verlede Maandag op die ouderdom van 93 oorlede.

Helmut is op 17 Februarie 1929 in Frankfurt am Main in Duitsland gebore. Sy pa, Otto, was ’n professor in dierkunde en direkteur van die Senckenberg-natuurmuseum. Hy het van kleins af ’n liefde vir die natuur by Helmut gekweek.

Hy was 14 jaar oud toe die Tweede Wêreldoorlog begin het. Hy kon nie skool bywoon nie aangesien leerlinge die brande moes blus wat deur die bomme veroorsaak is.

ֹ’n Jaar later is Helmut na die voorste linie gestuur waar hy nou en dan as afleweringsbode gebruik is.

Hy is in 1945 – ná die oorlog – vir ’n tydjie as ’n krygsgevangene in Passau, Duitsland, aangehou. Ná sy vrylating het hy landbou-opleiding ontvang. Hy het egter nooit die kans gekry om in dié veld te werk nie, aangesien ander vlugtelinge – wat huis toe gekom het – die werk gekry het.

NAMIBIë

Helmut het per toeval van Namibië gehoor.

Hy het by sy oupa se begrafnisdiens ’n man ontmoet wat iemand geken het wat in die destydse Suidwes-Afrika dringend op soek was na ’n bestuurder vir die plaas Franken naby Kamanjab.

Die onbekende het die 24-jarige Helmut nie gekeer nie.

In 1953 het hy per skip via Southampton na Kaapstad gereis.

Van Kaapstad af het hy met die trein tot op Kransberg tussen Karibib en Usakos gery en vandaar af met die smalspoor-spoorlyn tot in Outjo.

“Ek het van die begin af van die land gehou,” het hy ’n paar dae voor sy 90ste verjaardag in ’n onderhoud met Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung gesê.

Hy het vertel dit was die wye vlaktes en die yl bevolking wat sy hart laat bokspring het.

Hy het twee jaar op die plaas Franken gebly voor hy vir een jaar en vyf maande vir die “wit boesman” Peter Stark op Onguma ingestaan het.

Hy het daarna vir Univleis, ’n beesvleisbemarkingsmaatskappy, begin werk.

“Ek het daardie tyd tussen 8 000 en 10 000 kilometer per maand gery om boere te oortuig van die voordele wat dit inhou om hul beeste in Suid-Afrika te verkoop.”

Hy het gedurende dié reise die land beter leer ken en sy hart nóg meer daarop verloor.

Sy dors na kennis het geen perke geken nie en deur sy oop geaardheid en hartlike interaksie met mense, het hy groot dele van die land en sy mense leer ken.

Helmut was ’n uitstekende storieverteller en hy het met sy stories ’n paar kennisse se nuuskierigheid geprikkel. Hulle het hom gevra om saam met hulle op toer te gaan.

Dié toer was net die begin. Met die toer het dit duidelik vir Helmut geword hoeveel vreugde dit aan hom verskaf om die land met ander te deel en nader aan hulle te bring.

Sedertdien was Helmut ’n integrale deel van die toerismelandskap.

“Ek het nog altyd die toeriste wat saam met my gereis het as my persoonlike gaste beskou,” verduidelik hy.

Dit het hom groot plesier verskaf om sy diepgewortelde kennis op sy tipiese humoristiese manier oor te dra.

Helmut het vir meer as 20 jaar vir die toermaatskappy Oryx Tours, wat later na Springbok Atlas Safaris herdoop is, gewerk. Hy was nie net as toergids werksaam nie, maar ook as sakebestuurder.

Hy het terselfdertyd toergidse vir die sambreelorganisasie TASA opgelei. Hoewel hy in 1989 by Springbok Atlas Safaris bedank het, het hy nie uit die toerismebedryf getree nie.

Hy het as vryskut-toergids steeds die land vir toeriste en sy gaste gewys.

Met sy kundigheid en ervaring het hy uiteindelik die Namibiese Akademie vir Toerisme en Gasvryheid (NATH) gestig. Die kursusse wat hy vir verskeie vakke vir voornemende toergidse en belangstellendes ontwikkel het, word vandag nog aangebied.

Sy vakgebiede was fauna, flora, ornitologie, geologie en sterrekunde.

Hy het tussen 1965 en 1987 verskeie boeke oor die land en sy diversiteit gepubliseer.

Hy het ook in 1987 met sy voormalige sekretaresse by Springbok Atlas Safaris, Alrun Dyck, getrou.

Mense van Klein Windhoek kon dikwels die paartjie sien hoe hulle hand aan hand deur die buurt gestap het.

Ná 44 jaar as toergids het Helmut in 2008 besluit om minder op die pad te wees. Dit het egter nie beteken dat hy afgetree en stilgesit het nie.

Hy het oor die jare heen ’n aansienlike versameling van minerale, klippe, slakke en kaktusse, asook ’n omvattende herbarium – wat hy in die tuin of in die motorhuis gehuisves het – bymekaargemaak. Hy het saam met Alrun nie net elke stuk liefdevol gesorteer en gekatalogiseer nie, maar hy het ook elke naam geken.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%