Stadsvaders erken foute met rekeninge
Inwoners dring aan op deursigtigheid, oplossings
'n Groep ontevrede inwoners van Windhoek gaan uit protes teen die munisipaliteit se hantering van foute met hul rekeninge op 28 Julie aan 'n protesoptog deelneem.
Die Windhoekse munisipaliteit het bevestig dat ten minste 387 munisipale rekeninge negatief geraak is deur ‘n foutiewe rekeningstelsel, ná maande van openbare druk en protes deur inwoners.
In reaksie op stygende frustrasie van ‘n groep belastingbetalers en inwoners het die munisipale woordvoerder Harold Akwenye gesê die munisipaliteit het geverifieer dat ‘n beduidende aantal rekeninge geraak is deur onreëlmatighede in sy faktuurproses.
“Die munisipaliteit het op bewerings gereageer dat sowat 387 rekeninge moontlik negatief geraak is deur onreëlmatighede in die stelsel. ‘n Verifiëringsproses is uitgevoer en die geraakte rekenings is identifiseer,” het Amukwenya aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê.
“Korrektiewe stappe en wat rekonsiliasies en wysigings van rekeninge insluit, word tans geïmplementeer om akkuraatheid en billikheid te verseker,” het hy gesê.
Die erkenning volg voor ‘n beplande protes en oorhandiging van ‘n petisie op 28 Julie by die Katutura Kliëntedienssentrum. Inwoners dring aan op antwoorde en regstellings en sê die foute in die stelsel het hulle finansieel negatief geraak, eiendomstransaksies ontwrig en vertroue in die munisipaliteit se administrasie ondermyn.
Vertroue
Volgens die gemeenskapsleier Shaun Gariseb wat die protes lei, sê geraakte rekeninge sluit huiseienaars in wie se skuld oornag sonder enige verduideliking die hoogte ingeskiet het
Volgens Gariseb beweer inwoners in verskeie gevalle die balans op hul rekeninge het van ‘n paar duisend dollar tot honderde duisende dollar sonder waarskuwing of verduideliking gestyg.
“Vyftien van dié wat geraak is, is hof toe omdat hulle nie weens hierdie opgeblaasde bedrae klaringsertifikate kon kry nie. Hierdie is nie net syfers op papier nie, dit is mense se lewensbestaan wat ontwrig is,” het Gariseb gesê.
Hy het ook beweer hy dra kennis van ‘n beweerde geval van ‘n regeringsministerie wie se munisipale skuld van N$1,2 miljoen tot net N$40 000 geval het sonder enige bewys van betaling.
“Dit alleen wys vir jou hoe onbetroubaar die stelsel is,” het Gariseb gesê.
Oudit
Die munisipaliteit het verder beweer dat ‘n onafhanklike oudit in die rekeningstelsel in opdrag van Deloitte voltooi is. Dié bevindinge is egter nog nie aan die publiek vrygestel nie.
“Die oudit ondergaan tans ‘n interne oorsig en bespreking op raadsvlak,” het Akwenye verduidelik.
“Wanneer die nodige interne prosesse gefinaliseer is in lyn met raadsresolusies en bestuursprotokol, sal die munisipaliteit ‘n openbare opsomming van die sleutelbevindinge en voorstelle verskaf.”
Inwoners is vir nou egter steeds skepties. Gariseb beweer die verslag word na bewering bewustelik weerhou, ten spyte van die feit dat dit vroeër vanjaar deur Fanuel Maanda in sy hoedanigheid as waarnemende uitvoerende hoof onderteken is.
“Hulle sit op ‘n dokument wat bevestig wat ons reeds lankal weet, dat die rekeningstelsel foutief is en honderde mense benadeel het,” het hy gesê.
RedForce
Die beswaarde inwoners dring ook aan op duidelikheid oor die toekoms van die munisipaliteit se skuldinvorderingsooreenkoms met RedForce Debt Management. Die kontrak wat teen die einde van Julie verstryk, het onder die loep gekom weens die beweerde aggressiewe insamelingspraktyke en gebrek aan deursigtigheid in die verlenging van die kontrak.
Hoewel Akwenye bevestig het dat die hersiening van die kontrak voortduur, is geen besluit nog geneem of dit hernu of beëindig gaan word nie.
“Die oomblik wanneer alle oorwegings, insluitend terugvoer van rolspelers en regsadvies oorweeg is, sal die raad hieroor vergader en vervolgens die uitkoms kommunikeer,” het hy gesê.
Gariseb sê die vereniging sal die komende protes gebruik om nie net ‘n petisie te oorhandig nie, maar ook om aan te dring op ‘n persoonlike antwoorde van beide die hoofstad se burgemeester en die uitvoerende hoof.
“Die munisipaliteit kan nie langer agter interne oorsigte en prosesse agter geslote deure skuil nie. Ons verwag ten volledige openbaarmaking en konkrete oplossings, nie vae beloftes nie,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie