Stad Windhoek volg wet in soeke na hoof
Henriette Lamprecht
Stad Windhoek se waarnemende uitvoerende hoof het vir meer besonderhede gevra oor beweerde korrupsie in sy soeke na ’n nuwe hoof.
Volgens mnr. O’Brien Hekandjo is dr. Job Amupanda vir meer inligting genader oor beweerde korrupte aktiwiteite in die werwingsproses vir ’n nuwe uitvoerende hoof. Hekandjo sê dit is vir ’n moontlike eksterne forensiese oudit oor die beweringe en die werwingsproses.
Ná die bedanking van sy vorige uitvoerende hoof in 2021, het Stad Windhoek met ’n proses begin om ’n geskikte individu te vind om die pos te vul.
Volgens Hekandjo word dié proses deur die reg bestuur en is dit noodsaaklik dat alle wetlike vereistes nagekom word.
Die munisipaliteit se bestuurskomitee kan in terme van die Wet op Plaaslike Owerhede en ook die vereiste regulasies ’n geskikte kandidaat aan die raad voorstel. Die raad, met die vooraf geskrewe goedkeuring van die betrokke minister, doen die uiteindelike aanstelling.
Hekandjo het beklemtoon dat die administratiewe proses vir ’n uitvoerende hoof aan die regulasies vir plaaslike owerhede vir die werwing en verkiesing van die amptenaar moet voldoen.
“Dis ’n posisie van strategiese belang vir die nasie in geheel, omdat Windhoek dien as die politieke en ekonomiese spilpunt vir die land,” het hy gesê.
Hekandjo het beklemtoon die raad kan nie ’n aanstelling sonder die bestuurskomitee se voorstelle maak nie, omdat dit ’n standaardvoorwaarde is. Die raad kan ook nie die aanstelling sonder ministeriële goedkeuring doen nie.
Hy het verwys na ’n besluit van die bestuurskomitee in November 2021 om die werwingsproses van vooraf te begin; ’n besluit wat deur die betrokke regulasies ondersteun word.
“Die bestuurskomitee moet ingevolge die Wet op Plaaslike Owerhede aan die raad verslag doen wanneer sy mandaat uitgevoer word. In ooreenstemming hiermee het die bestuurskomitee aan die raad verslag gedoen oor die werwingsproses.”
Die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Ndeshihafela Larandja, het aan Hekandjo as waarnemende hoof opdrag gegee om die proses weer te begin.
Hy het beklemtoon die raad is verbind daartoe om te verseker strategiese poste word in pas met die munisipaliteit se strategiese plan en die wet gevul.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie