Die meerderheid van die stappers sal na verwagting mense wees wat tans met die hulp van Siele vir Jesus van dwelm- of alkoholverslawing herstel. Foto ter illustrasie/argief
Die meerderheid van die stappers sal na verwagting mense wees wat tans met die hulp van Siele vir Jesus van dwelm- of alkoholverslawing herstel. Foto ter illustrasie/argief

Staan saam teen dwelmmisbruik

Stappers durf 90 km aan oor drie dae
Die stappers sal op 20 Februarie omstreeks 08:00 uit Rehoboth vertrek en sal elke dag ongeveer 30 kilometer aanpak tot hulle op 22 Februarie in Windhoek sal aankom.
Iréne-Mari van der Walt
“Ons wil mense net weer herinner aan hierdie probleem. Dit is asof mense net geleer het om daarmee saam te leef. Dwelms word nou as normaal beskou. Dit veroorsaak net finansiële en emosionele probleme en is besig om gesinne uitmekaar te skeur.”

So sê past. Willem van Wyk van die organisasie Siele vir Jesus Namibië, wat ’n staptog vanaf 20 Februarie tot 22 Februarie ter bewusmaking van dwelmmisbruik in Namibië aanbied.

Die stappers sal op 20 Februarie omstreeks 08:00 uit Rehoboth vertrek en sal elke dag ongeveer 30 kilometer aanpak tot hulle op 22 Februarie in Windhoek sal aankom.

“Mense gee nie regtig aandag aan hierdie probleem nie totdat hulle self daardeur geraak word. Ons vergeet maklik en besef eers hoe groot die probleem is totdat iemand naby aan ons ook deur dit gaan.”

KOM ONDERSTEUN

Van Wyk nooi die publiek uit om deel van die staptog te wees en stappers te ondersteun indien hulle kan.

“Ondersteuners is welkom. Mense is welkom om net ’n paar tree saam met ons te kom stap, of as hulle kan, ’n broodjie of water vir die stappers te bring.”

Die meerderheid van die stappers sal na verwagting mense wees wat tans met die hulp van Siele vir Jesus van dwelm- of alkoholverslawing herstel.

“Baie van die stappers is self gebruikers, so mense kan hul getuienisse kom hoor,” het Van Wyk gesê.

DIT BEGIN TUIS

Van Wyk sê die gebruik en misbruik van dwelms vorm ’n bose kringloop.

Familiebande word tot die uiterste beproef en gaan gereeld tot niet weens die feit dat ’n individu dwelms gebruik. Terselfdertyd glo hy ’n gebrek aan hegte familiebande kan ’n persoon kwesbaar vir dwelmverslawing maak.

“Pa’s wat nie meer betrokke in ouerhuise is nie, laat ’n emosionele leemte en seer by seuns sowel as meisies. Meisies gaan soek liefde by ouer mans en seuns raak verslaaf aan dwelms en drank,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!