Ruben se filosofie van ubuntu
Dit was sy geliefde bobbejaan’ousus’ wat hom eintlik saam met haar wêreldberoemd gemaak het. Ruben Lambrechts en Cindy het internasionale erkenning op Youtube en sosiale media verwerf en spog met letterlik honderde duisende volgelinge van oraloor die wêreld wat daagliks die wel en weë van hom op sy ouers se plaas saam met sy familie diere van meerkatte tot vlakvarke deel. Reeds van kleinsaf het die plaasseuntjie Ruben weesdiere onder sy vlerk geneem wat gesorg het vir ‘n passie vir diere en omgewingsbewaring. Danksy die stigting van die Ruben Lambrechts Foundation in 2024 en met die hulp van sy lojale volgelinge en ondersteuners, gebruik hy sy internasionale platform om nie nie net hoop te skep nie, maar ook harmonie vir alle wesens om ‘n blinker toekoms vir sy geliefde Namibië te skep.
Die stigting fokus egter nie net op diere nie, maar ook hoop en ‘n beter toekoms vir die land se mees kwesbare inwoners.
In April vanjaar het Ruben deur sy stigting ‘n fondsinsameling gehou vir die We Are Together primêre skool in ‘n nedersetting in Windhoek. Die skool bied aan jong kinders uit moeilike sosio-ekonomiese omstandighede en wat weeskinders insluit, die geleentheid tot onderrig vir ‘n kans op ‘n pad na ‘n beter toekoms. ‘n Bedrag van N$140 000 is vir die skool ingesamel.
“Elkeen was so ongelooflik dankbaar vir die hulp en kon nie glo dat mense van oraloor die wêreld dit vir hulle sou doen nie,” vertel Ruben.
“Ek het dit so geniet om die skool te besoek en al die leerlinge en onderwysers te ontmoet. Dit is regtig so ‘n spesiale plek!”
Kliek hier as jy wil sien hoe die geld vir We Are Togther gebruik is: https://q.my.na/HQMT
Klier hier om te sien hoe jou skenkings aan die Ruben Lambrechts Foundation help: https://q.my.na/602R

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie