Plant 'n saadjie

Henriette Lamprecht
Hier word geglo en geleef elkeen is 'n lid van een groot familie wat mekaar ondersteun, mekaar se verskille verstaan en daarna streef om vooroordeel af te breek. Dit is die oorhoofse leuse van die Hoachanas Kinderfonds wat met verskeie selfhelpprojekte dié dorpie met sy sowat 3 500 inwoners ondersteun. Op Hoachanas is die lewensomstandighede uiters uitdagend met min geleenthede vir werk en om 'n inkomste te verdien. Werkloosheid, armoede en MIV/vigs is die grootste kwessies wat inwoners teister, met die bejaardes se maandelikse pensioen wat meer as dikwels 'n hele familie moet voed. Die Hoachanas Kinderfonds het onlangs 'n slypskool onder die vaandel van Saai en Spaar aangebied juis met die doel om inwoners te help om voedselsekuriteit vir hul families te verseker. Die opleiding het gefokus op die 'spaar' van saadjies en om dit reg te saai, met meer as 400 saailinge wat aan inwoners se agtertuintjies geskenk sal word. Die saad wat in saadbakkies gesaai is, sluit van tamaties en uie, tot blaarslaai en beet in.

Kliek hier: https://q.my.na/YASH

Kommentaar

Republikein 2026-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer