#PAS IN: Beheerde voorbrand in omgewing van Windhoekse skougronde
Die Windhoek Munisipaliteit is besig met beheerde voorbrande in die omgewing van die skougronde in die hoofstad as voorsorg teen die vuurwerkvertoning wat aanstaande week deel van die jaarlikse skou vorm. Die voorbrande geskied onder die toesig van die Windhoekse brandweer. Die publiek word gemaan teen rook wat sig kan belemmer in die omgewing en raai motoriste aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie