Ouma vra hulp met kleinseun
Hy het geen identiteitsdokumente
'n Ouma en haar vier kleinseuns oorleef op haar maandelikse pensioen.
’n Bejaarde ouma het ’n beroep op barmhartige Samaritane gedoen om haar te help om haar 15-jarige kleinseun te versorg wat met gehoorgestremdheid saamleef en reeds vir meer as 18 maande sukkel met ’n wond wat erg ontsteek is.
Maria Timotheus (66) woon in die Okatope-nedersetting in die Ongwediva-kiesafdeling in Oshana. Volgens haar moet sy elke keer wanneer haar kleinseun se wond by die kliniek op Ongwediva versorg word, self die voorraad by ’n apteek koop omdat daar niks by die kliniek beskikbaar is nie.
Hulle besoek die kliniek drie keer per week op Maandae, Woensdae en Vrydae. Haar kleinseun het nie nasionale identiteitsdokumente nie, wat beteken hy kom nie in aanmerking vir ’n ongeskiktheidstoelaag nie. Mediese rekords wys hy was vir ses maande in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem, maar is intussen ontslaan.
In ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) het Timotheus gesê sy woon saam met vier kleinkinders, wat almal van haar pensioen afhanklik is.
Twee van die seuns, onderskeidelik ses en sewe jaar oud, is in die skool. Die 13-jarige het onlangs nasionale dokumente gekry, maar is soos haar 15-jarige kleinseun nie in die skool nie. Timotheus weet nie wat die presiese aard van haar kleinseun se siekte is nie, omdat sy eers na hom begin omsien het nadat sy toestand versleg het.
“Die ouma van Angola – wat die ma van die seun se oorlede ma is – is aanvanklik gekontak en meegedeel dat Sakaria in die Engela-hospitaal opgeneem is.
“Met haar aankoms is hy reeds na Oshakati oorgeplaas. Dit was in Januarie 2024. Hy was in die hospitaal tot Junie en toe hy ontslaan is, is hy na my gebring,” het Timotheus verduidelik.
Nou, amper 17 maande later, het die wond ten spyte van volgehoue mediese besoeke steeds nie genees nie.
“Dit lyk inteendeel slegter. Ek het ’n klomp geld bestee en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek het slapelose nagte,” het sy moedeloos gesê.
As haar kleinseun sy nasionale dokumente kry en vir ’n ongeskiktheidstoelae kwalifiseer, sal dit hopelik haar finansiële las verlig.
Sy het geen hoop dat haar kleinseun se been sal herstel nie.
“Volgens die verpleegsters kan net ’n dokter besluit of die been geamputeer gaan word en of verdere behandeling nog moontlik is,” het sy gesê.
“Ek sê vir myself God het hierdie las vir my gegee. Ek het gedink ek sal dit kan hanteer, maar sommige dae is bitter swaar.”
MINISTERIE
Volgens die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se woordvoerder, Margaret Kalo, is die 15-jarige in die hospitaal op Engela gebore, maar daar is geen bewyse nie.
Albei sy ouers is in Angola as burgers van die land dood, maar daar is geen doodsertifikate of enige identiteitsdokumente vir hulle beskikbaar nie.
Die basiese vereistes vir die registrasie van ’n geboorte is ’n bewys van die plek van geboorte byvoorbeeld ’n hospitaal of in die geval van ’n tuisgeboorte ’n brief van ’n hoofman, identiteitsdokumente van die ouers en in die geval van Timotheus se kleinseun, hul doodsertifikate.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie