Ouma Luitha word 100
Ouma Luitha Smit (née Booysen) het Dinsdag haar 100ste verjaardag by die Altersheim op Otjiwarongo gevier. Sy is op 6 Oktober 1926 op Kenhardt in Noord-Kaap gebore en het op die plaas Moddergat in die distrik grootgeword.
Sy is later met Barend Frederik Lubbe van Kanon-eiland getroud. Twee kinders, Barend en Luitha (nou Strauss), is uit die huwelik gebore waar hulle op Outjo gewoon het. Personeel beskryf haar as ’n minsame en verskriklike dankbare tannie. Ds. Hector Jooste het vooraf vir ouma Luitha gevra wat sy graag vir haar verjaardag wou hê. “Sy het gesê as sy regtig kon kies, sou sy graag ’n Bybel wou hê, maar dit sal nie nou werk nie, want sy kan nie meer sien nie.” Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie