Ondersoek na ELCIN se staatsgeld

Mathias Haufiku,Tuyeimo Haidula
Gebrek aan aanspreeklikheid, eerder as duidelike finansiële wanbestuur, word uitgewys by die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (ELCIN) waar die kerk se eenman-tenderraad lukraak maatskappye uitgesoek het om betaalde werk te doen.

In ’n ondersoek tussen 26 Mei 2016 en 31 Januarie 2019 is bevind verantwoording kon nie gedoen word van meer as N$300 000 nie, weens die gebrek aan ondersteunende dokumente.

Die inligting is vervat in ’n ondersoekverslag wat ons susterskoerant Namibian Sun onder oë gehad het na die beweerde N$3.4 miljoen wat in 2016 deur die regering aan die kerk betaal is.

Die onthulling vorm deel van bevindinge deur Team Training and Management Services, wat deur die kerkraad opdrag gegee is om gehoor te gee aan ’n oproep deur die ELCIN-geestelike, eerwaarde Josef Shikuma, om ondersoek in te stel oor hoe dié geld gebruik is.

ELCIN, een van die land se grootste kerkgroepe, het media- en openbare aandag getrek met beweringe van die vermiste miljoene.

Die geld is deur die regering aan die kerk se westelike bisdom betaal, vir uitstaande huurgeld en opknappings by kerkgeriewe wat deur openbare instellings soos skole beset word.

Die verslag het spesifiek vrae oor die verkrygingstelsel van die kerk geopper, wat na bewering ’n sentrale rol in die aanwending van die geld gespeel het.

Die verslag toon die kerk het nie ’n behoorlik saamgestelde bod-evalueringskomitee nie, met die keuse tussen bieërs wat “die domein van eerwaarde Esron Kapolo” is.

Sy taak is om geskikte bieërs te identifiseer, tenders te evalueer, bieërs aan te stel, toesig te hou oor werk wat gedoen word en uiteindelik te verseker dat kontrakteurs betaal word.

“Dié situasie is ongesond vir ’n openbare organisasie soos ELCIN; dit bevorder nie deursigtigheid nie. Wat as so iemand met geweldige mag sy vriende of familielede aanstel? Wat as die gekwoteerde bedrag nie ooreenstem met die werk wat gedoen moet word nie?

“So ’n situasie laat vele vrae onbeantwoord,” lui die verslag.

Die verslag waarsku ook die reëling om Kapolo as die kerk se tenderbaas te hê, kan tot sameswering lei.

Die ondersoek het bevind vir N$33 403 kon nie verantwoording gedoen word nie, maar daar word gevrees die kerk het moontlik groter finansiële skade gely aangesien sommige transaksies nie behoorlik gedokumenteer is nie.

Ander onreëlmatighede binne die kerkstelsel het ingesluit maatskappyeienaars wat deur die kerk in hul persoonlike rekeninge betaal word in plaas daarvan dat sulke fondse in die rekeninge van die gekontrakteerde maatskappye inbetaal word.

Sommige van hierdie firmas sluit in Okongo Investment en Mwahafa Trading, albei besit deur Arvo Mufeti.

Mufeti se maatskappye het opknappingswerk by die kerk gekry ter waarde van byna N$400 000. In sommige gevalle, wys die verslag, was daar geen kwotasies of fakture vir werk wat gedoen is nie, maar betalings is nogtans gedoen.

“Okongo Investment en Mwahafa is twee beslote korporasies wat deur mnr. Arvo Mufeti besit word. Hulle het die kwotasie verskaf om opknappingswerk vir die westelike bisdom te doen. Toe betaling gedoen is, is die geld direk in die rekening van mnr. Mufeti as individu inbetaal.

“Op die rekenaarstelsel is aangedui betaling is aan die maatskappy gedoen, maar die bankstaat dui aan betaling is in sy [Mufeti se] persoonlike rekening,” lui die verslag.

Kapolo het gister sy vriendskap met Mufeti bevestig, maar kon nie verdere besonderhede bekend maak nie.

“Ek dink die kerk is steeds besig met die kwessie. Dit doen nog verdere navrae. Vir eers dink ek nie dis goed dat ek kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Die ondersoek het ook bevind tjeks wat gekanselleer is, was nie beskikbaar was om te bewys dat dit wél gekanselleer is nie. Ander onreëlmatighede was dat rekords op die elektroniese stelsel verskil het van die bankstate en tjekboeke.

In een geval, toon die verslag, is ’n tjek as kontant vir kantoor aangeteken, maar in die tjekfolio was geskryf dis om aluminiumdeure reg te maak. Tjeks wat aan kerkwerknemers betaal is, dui nie aan waarvoor die geld gebruik is nie en in sommige gevalle is geen eisvorms of kwotasies verskaf nie.

Ondanks die onreëlmatighede wat uitgewys word, sê die ondersoekers hulle het geen doelbewuste of berekende optrede bespeur om “grootskaalse diefstal of grootskaalse korrupsie te pleeg” nie.

Die biskop wat destyds verantwoordelik was vir die westelike bisdom, Veikko Munyika, het gister gesê die verslag sê nie daar is geld wat vermis word nie, maar dit het net die ontbrekende dokumente uitgelig om verantwoording vir die res van die geld te doen.

Munyika sê die verslag meld dat die geld presies gebruik is soos dit veronderstel is om gebruik te word.

“Daar is egter uitstaande stawende dokumente. Die mense wat die verslag gedoen het, het nie gaan uitvind waar die dokumente is nie, so die verslag is nie volledig nie. Jy kan mos nie twee of drie dokumente nie vind nie en jy volg nie die logiese gevolgtrekking op nie,” het hy gesê.

Munyika sê as Namibian Sun ’n ordentlike werk wil verrig, moet hy uitreik na Team Training and Management Services en die mense wat die dienste verskaf het en vra om bewys van dokumentasie te verskaf.

Hy het bygevoeg dit is dalk nie binne die mandaat van die ondersoekspan nie. “Ek weet nie wat hul opdragte is nie.

“ELCIN is ’n gerespekteerde kerk. As daar beweringe is dat geld verduister word, raak dit ons negatief. Die vraag is of dit waar is of nie. Sover ek weet sê die verslag geen geld is misbruik nie, maar daar is uitstaande dokumente,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 353.65/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.24% | Zinc US$ 2 992.50/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 033.24/OZ UP +3.18% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 353.65/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.24% | Zinc US$ 2 992.50/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 033.24/OZ UP +3.18%