Okahandja se koningin van die swart pot
Bedien met liefde, lag en legendariese resepte
In 'n wêreld wat dikwels te vinnig en te koud voel, staan haar swart pot as 'n herinnering dat goeie kos en 'n tikkie rooi lipstiffie enige hart kan verwarm.
As jy deur Okahandja reis, is die kanse goed dat die heerlike geure uit 'n swart pot wat op 'n oop vuur prut, jou reguit na Amanda Meyer se huis sal lei.
Op 56 het dié ma van twee dogters, Priscila (Handjies) en Wendy, en trotse ouma van vier kleinkinders 'n plaaslike legende geword, nie net vir haar kookkuns nie, maar ook vir die lag en liefde wat sy met elke maaltyd uitdeel. Sy wéét hoe om 'n swart pot te laat prut.
“’n Dame wat nie na vuur ruik nie, is nie ’n dame nie,” giggel Amanda, haar lipstiffie helderrooi soos altyd. Sy dring daarop aan dat sy nooit haar huis sonder rooi lippe verlaat nie: “Sonder my lipstiffie voel ek kaal,” lag sy.
Boonop is Amanda 'n tydelike versorger vir talle bejaardes, onder meer vir die geliefde veteraan politikus, dr. Libertina Amathila, vir wie sy graag kos kook en haar na familiefunksies vergesel.
Amanda is ook bekend vir haar kook-, stryk- en skoonmaakdienste, maar dit is haar unieke kookkuns wat haar werklik onvergeetlik maak. Sy skep haar eie resepte, elk met 'n tikkie towerkuns. Haar varkkop gaargemaak in borrie en kerrie, met daardie soetsuur kinkel, is altyd 'n treffer en uitverkoop. Dan is daar haar beroemde aartappelslaai met 'n geheimsinnige bestanddeel wat sy weier om te verklap: “Dis my geheim,” sê sy met 'n astrante knipoog.
Op Saterdae doen haar swart pot meer as net kook – dit bring mense bymekaar. Bure en vriende kom bymekaar, nie net gelok deur die heerlike aroma van haar kos nie, maar ook deur haar snaakse grappe. “Wie ook al by my huis verbygaan, vertrek met ’n glimlag, want my grappe word elke dag soos my pot opgekook,” glimlag sy.
WONDERKURE
Sy het resepte vir elke geleentheid, rate vir elke pyn en skeet en selfs vir babbelas: “Drink net koue suikerwater en jy is genees,” belowe sy. Sy staan ook bekend as ’n “moeder van plante” en deel haar wonderkure vir honde. Haar knoffel-en-aalwynmengsel is ’n gunsteling om bosluise weg te hou terwyl dit vir honde blink pelse gee.
Miskien is haar bekendste kosskepping een wat die wenkbroue laat lig: Donkievleis gaargemaak met ’n bietjie suurmelk. Diegene wat dapper genoeg is om dit te proe, beskryf dit as smullekker.
Amanda is meer as ’n kok; sy is ’n storieverteller, ’n geneser en ’n draer van vreugde. Toe sy gevra word wat haar aan die gang hou, glimlag Amanda en roer haar pot stadig. “Dis eenvoudig. Kos smaak beter as jy dit met liefde gaarmaak. Daarom is ek nooit sonder resepte nie en nooit sonder ’n glimlagte nie.”
Sy roer nie net die potjie, maar roer harte met haar liefde.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie