Nóg ’n perd buite hoofstad gestroop

Tanja Bause
Samurai, ’n agtjarige hings wat vir uithouritte gebruik is, is Saterdagnag net buite Windhoek gestroop.

Hy is die derde perd wat in die bestek van vier maande by dieselfde plot doodgemaak en geslag is.

Volgens die eienaar van die 12-jarige merrie, Kabi, wat einde November verlede jaar van kant gemaak moes word, was die perde in die veld. Almal het aan die einde van die dag teruggekom, behalwe Kabi.

“Ons het haar gaan soek en by die berg gekry. Haar regteragterbeen was sleg gebreek. Ons het die veearts laat uitkom en sy het gesê dat sy geskiet is. Blykbaar gebruik die stropers ’n klein kaliber geweer soos ’n .22 om die perd in die been te skiet, dan kan hulle nie weghardloop nie.

“Ons vermoed hulle het nie akkuraat geskiet nie en sy kon daarin slaag om weg te hardloop. Die bloedspoor wys hoe sy teen die berg afgehardloop het en toe sy onder wou draai, het haar been net gebreek.

“Ek moes haar daar van kant maak. Ek kon nie glo dat iemand op my grond op my perde sou skiet nie. Dit het in 20 jaar nog nooit gebeur nie en ek het niks verder daarvan gedink nie,” het hy gesê.

Die vyfjarige Shaar het in Januarie ook spoorloos verdwyn. Sy eienaar was ten tyde van die verdwyning nie op die plaas nie en toe die werkers gewaar dat Shaar nie huis toe gekom het nie, het hulle die eienaars van die perde laat weet.

“Ons is vier mense wat ons perde hier op die plot aanhou. Ons almal neem aan uithouritte deel en dus het ons gekom en vir Shaar per voet en per perd gesoek,” het Samurai se eienares gesê.

Ons het vermoed ’n slang het hom dalk gepik en ons was op die uitkyk vir maraboes.

“Ek het op- en afgery en elke slot dubbel nagegaan. As hy in die veld dood is, sou die maraboes ons wys waar hy is. Een van my werkers het later gesê sonder die maraboes in die lug of jakkalse op die grond, is Shaar eenvoudig van die plot weggevat.

“Ek het oral gesoek en nou, met Sondag se vonds van die plek waar Samurai geslag is, het dit duidelik geword dat Kabi geskiet en Shaar gesteel en geslag is.”

Hy het Sondagoggend saam met Samurai se eienares na hom gaan soek nadat hy nie teruggekeer het nie.

“Ons het oor die bult gery en op die slagplek in die middel van die pad afgekom. Jy kan aan die versteurde sand sien dat hier vier perde was en dat twee soontoe is en een anderkant toe. Hier het hulle vir Samurai aangehou en sy keel afgesny. Hulle het sy binnegoed uitgehaal en op die pad gelos terwyl sy vleis onderdeur die geknipte draad na die pad toe gesleep is, waar dit op ’n bakkie gelaai en weggery is.

“Samurai was deel van my familie. Hy was my liefperd,” het sy gesê.

Ná talle oproepe het die man ’n nommer van ’n persoon by ’n teenstropingseenheid gekry, wat vir hom gesê het dat perdevleis tans gesog is - veral onder kapana-verkopers. Hy het ook gesê dat die vleis heel moontlik weggery is en nou skoongemaak word en later Windhoek toe gery word om verkoop te word.

Die man het Sondagaand ’n oproep ontvang van die nabygeleë padblokkade waar ’n bakkie met perdevleis agterop aangekeer is.

Hy het soontoe gehaas waar die bestuurder van die bakkie gesê het hy het nie ’n permit nodig om perde-, donkie- of sebravleis te vervoer nie.

“Die bestuurder het ook vir ’n ryloper wat daar gestaan het, vertel dat die veearts nou met ’n skandeerder sal kom om die mikroskyfie te soek wat die boere in hul perde sit.

“Hy het gesê dit is sommer ’n bossiekop (’n perd wat op die plaas rondloop en vir werk gebruik word) wat hy geslag het. Die veearts het vir die permit gevra en hy het vir haar ’n dokument gegee. Toe ek ’n foto daarvan wou neem, het hy dit uit haar hand gegryp, in sy bakkie geklim en weggery.”

SAMURAI

“Ek het ’n hings gehad en Samurai is een van sy nasate. Dit vat tot twee jaar om ’n perd reg te kry om uithouritte te kan ry. Dit is nie net sommer ’n plaasperd nie. Dit vat baie geld, tyd, liefde en aandag om hom so ver te kry. Hulle is deel van die familie. Jy is elke dag by hom en saam met hom en dan kom iemand en maak hom op ’n grumanier dood en slag hom vir sy vleis.

“Samurai sou nou komende naweek op Gobabis aan ’n uithourit deelgeneem het, so ook die ander twee perde wat reeds gestroop is. Ons sou ook in Julie aan die Fauresmith Endurance Ride in Suid-Afrika gaan deelneem, maar kan nou nie omdat die perde doodgemaak is.”

NOG SLAGTINGS

Op 22 Maart verlede jaar is Pablo ook van ’n plaas net buite Windhoek gesteel.

Sy kop en pote is later in die bosse by ’n nabygeleë informele nedersetting gevind.

Spirit, ’n vyfjarige merrie wat op 14 April vanaf ’n plaas 13 kilometer buite Outjo gesteel is, se vleis is op Khorixas gevind. Haar pote en vel is by die slagplek gekry terwyl die polisie haar nek, kop, bene en rug op Outjo gekry het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%