’n Sentrum vir almal in Okahao

Wegbreekkans vir senior burgers
Smiley wil die nood in haar geboortedorp verlig en 'n beter toekoms vir die gemeenskap skep, veral vir kinders en ouer mense.
Tanja Bause
“My wens vir die toekoms is dat daar meer werksgeleenthede, armoede-uitwissing, volhoubare gemeenskapsontwikkeling en vrede in elke huishouding in Okahao en die Omusatistreek in geheel sal wees,” het Smiley Shipopyeni Kautondokwa, die stigter van Smiley’s Kindergarten en Daycare en die Charity House, gesê.

Sy is op Okahao in die noorde van die land gebore en het ook daar skoolgegaan. Sy het haar skoolloopbaan op Okahao voltooi en nadat sy graad 12 klaargemaak het, het sy Windhoek toe getrek.

“As kind het ek altyd ’n glimlag op my gesig gehad. Ek was ’n baie gelukkige kind wat niemand skade sou aandoen nie en dit is hoekom mense my Smiley begin noem het. Die naam pas by my en ek het besluit om dit te hou en het al my toekomstige besighede Smiley genoem.”

Ná skool het sy in Windhoek ’n kursus in reis, toerisme en gasvryheid aan die Instituut vir Hoër Onderwys begin.

“’n Geldtekort het egter my studies gekelder en ek het talle kort kursusse, soos onder meer rekenaar, vroeë kinderontwikkeling en basiese landbou gedoen.”

Sy het daarna by die Cattle Baron Restaurant in die Maerua-inkoopsentrum vir werk aansoek gedoen en ’n pos as ’n skottelgoedwasser gekry.

“Ná ’n paar weke as skottelgoedwasser het hulle my ’n pos as kok aangebied, wat ek vir ’n jaar lank gedoen het. Ek het toe by ’n pizzaplek begin werk en geleer hoe om pizzas te maak.”

In 2015 het sy Smiley’s Kitchen by haar huis in Otjomuise begin waar sy hoofsaaklik pizzas gemaak en verkoop het.

“My gunstelingpizza is een met alles op; hoender, beesvleis, gemengde rissies, uie, sampioene, spek én knoffel.”

KINDERS

Smiley het nog altyd ’n liefde vir kinders gehad.

Sy wou hulle onderrig en ’n goeie begin in die lewe gee sodat hulle die beste moontlike begin op ’n goeie toekoms kan hê.

“Ek het agtergekom ek is altyd gelukkig as ek ’n kind help en dit is hoekom ek Smiley’s Kindergarten en Daycare in Januarie 2019 by my huis in 7de Laan in Otjomuise begin het. Ek het vir kinders van lae-inkomstegesinne gesorg en die kindergarten is nog steeds aan die gang.”

Gedurende die Covid-19-pandemie het sy met die hulp van vriende en familie vir die behoeftige gemeenskap in haar buurt begin kosmaak.

“Ek het twee keer per week etes aan tussen 60 en 100 mense gegee. Ek het begin om vir die mense klere te gee en vier jaar gelede Smiley’s National Charity House as ’n welsynsorganisasie geregistreer sodat ek meer kan doen.

OKAHAO

Smiley het ’n soortgelyke sentrum op Okahao begin wat sy nou wil uitbrei.

“Ek wil die groot nood in my geboortedorp help verlig. Ek wil nie net op kinders konsentreer nie, ek wil ook veral bejaardes help.

“Talle bejaardes is deur die afsterwe van hul eggenote alleen gelaat en moet nou vir hulself sorg. Hulle kinders is groot en het hul eie huise en gesinne en kan nie meer vir hul ouers sorg nie.

“Of hulle sit met ’n klomp kleinkinders wat hulle met hul karige pensioen moet versorg. Nie in Okahao of in die hele Omusatistreek is daar ’n sentrum waar bejaardes hulp kan ontvang nie. ’n Sentrum waarheen hulle kan gaan om bietjie te ontsnap en te ontspan.

“Ek beplan om ’n paar ingerigte kamers by die sentrum te hê waar bejaardes of gestremde mense vir ’n rukkie kan kom bly. ’n Huis vanaf die huis waar hulle kan ontspan en voel hulle word waardeer en dat ons omgee en lief is vir hulle. ’n Tipe toevlugsoord, al is dit net vir kort rukkies.”

“Die sentrum sal ook verskillende kursusse, soos bak, kosmaak, die inlê van produkte, naaldwerk en basiese landbou aanbied.

“Okakao en die streek gaan gebuk onder hoë werkloosheid. Mense kan vir opleiding kom en iets leer wat hulle lewe kan verander. Ek wil hulle leer om iets uit herwinbare materiaal te skep wat hulle of in hul huise kan gebruik of kan verkoop om ’n ekstra inkomste te maak. Nou sit almal net ledig in ‘cuca-shops’ rond en drink, gesinne beweeg uitmekaar uit en mense is sonder hoop. Hopelik as hulle leer om iets met hul hande te maak, is hulle besig en bly uit die kroeë uit en sien ’n toekoms.”

Smiley was vir drie jaar ’n vrywilliger by Orange Babies in Otjomuise en sy glo dat sy alles wat sy daar geleer het nou by die sentrum kan toepas.

“Ek het so pas gehoor die Namibiese potjiestigting het N$10 000 se boumateriaal geskenk om die sentrum te bou.

“Anke Halenke het namens die NPF die besluit aan ons voorgelê. Ons is opgewonde en hoop dat die Namibiese mense wêreldwyd die Ubuntu-kultuur sal omhels en ’n helpende hand aan die projek sal gee sodat ons Okahao kan oplig. Ek sal na Okahao verhuis wanneer die sentrum gebou word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%