Modderwater, droë krane vir Outjo

Gemeenskap se hulp glo geweier
Terwyl inwoners van informele nedersettings al twee weke lank net toegang tot "modderige" water het, word die dorp geteister deur onophoudelike wateronderbrekings.
Elvira Hattingh
Inwoners van Outjo se informele nedersetting Etosha Poort is bekommerd oor die modderige water wat die afgelope twee weke uit hul krane kom, terwyl die res van die dorp sê die gereelde wateronderbrekings op die dorp is onuithoudbaar.

Boonop stel die munisipaliteit glo nie belang in enige hulp wat die gemeenskap aangebied het nie en word ’n politieke kwessie daarvan gemaak.

“Niemand sê vir ons wat aangaan nie. Die water is al die afgelope twee weke ‘swart’. Mense moet ingelig word of die water nog geskik is vir menslike gebruik. Die mense raak siek van die water en gaan hospitaal toe,” sê Koos Mazenge, ’n inwoner van die dorp.

Mazenge sê die munisipaliteit het glo aan lede van die publiek wat hieroor gekla het, gesê hulle moet ’n doktersbrief lewer as bewys dat dit wel die water is wat hulle siek gemaak het.

“Dit is net ’n gemors. Die dorp se sakemense het ’n hand uitgereik om met die boorgate te help, maar hulle wil dit nie hê nie. Daar word nou ’n rassekwessie van gemaak.

“Alles is net onderstebo in hierdie dorp van ons. Die leiers rus op hul louere en niks gebeur nie,” het Mazenge gekla.

Nog ’n inwoner, wat op voorwaarde van anonimiteit met Republikein gepraat het, het gesê wat die res van die dorp betref, is die water “party weke elke dag af, ander kere twee tot drie keer per week. Saterdag was die water amper die heeldag af.”

Die uitvoerende hoof van die Outjo-munisipaliteit, Josef Urib, het onderneem om Republikein Maandag om 14:00 te woord te staan, maar het nie op die afgespreekte tyd sy foon beantwoord nie en ook nie ’n halfuur daarna nie.

GEEN TEKORT

“Outjo het nie ’n tekort aan water nie,” het Deon Verster, ook ’n inwoner van die dorp, aan die koerant gesê.

Hy het foto’s van bottels met modderige water in die sosiale media gedeel, wat sy huishulp Maandag in die dorp se informele nedersetting getap en vir hulle kom wys het.

“Dis nie net die water wat ’n probleem is nie, hoewel dit op die oomblik die grootste krisis is. Daar is eintlik maklike oplossings, maar die munisipaliteit wil niks daarvan hoor nie,” sê Verster.

“Ons het dit op ’n mooi manier probeer doen, deur middel van vergaderings en samewerkingsvoorstelle, maar daar het niks van gekom nie.

“Toe ons begin moeilik raak omdat niks gebeur nie en al die gemeenskap se werk in hul gesigte teruggegooi word, toe word ’n politieke kwessie daarvan gemaak. Dit is een van die redes waarom ek my intussen begin onttrek het.”

HULP GEWEIER

“Ons het met “Droom vir Outjo” se geld ’n professionele hidroloog aangestel, wat vir die munisipaliteit gewys het waar boorgate gesink behoort te word.

Die eerste van die boorgate lewer ’n volhoubare 60 000 liter water per uur. Hulle rig dit egter net nie in nie,” vertel Verster.

“Ons het aangebied dat die gemeenskap die pompe koop en die koste word van die munisipale tariewe verhaal, maar hulle wil nie ons hulp hê nie. Intussen moet die mense modderwater drink.

“Hulle het eerder ’n plaaslike boukontrakteur gekry om hierdie einste gat aan te wys en te boor. Hoe kan ’n boukontrakteur so iets vir ’n hele dorp doen? Dit is nie ֹ’n boorgat op ’n plaas nie. Toe boor hulle die gat op die verkeerde plek.”

“Ek het intussen gesien die munisipaliteit het in ’n kennisgewing die gemeenskap gevra om geduldig te wees omdat die een boorgat modder pomp.”

Verster sê die boorgat, wat nou modderwater lewer, pomp andersins net sowat 8 m³ of 8 000 liter water per uur.

WATERONDERBREKINGS

Verster sê die munisipaliteit sê die rede vir die gereelde wateronderbrekings is dat die bestaande boorgate se watervlakke glo met 30 tot 40 meter gesak het omdat die akwifer gesak het.

“Dit beteken hulle moet die pompe afskakel totdat die akwifer se watervlak kan lig.

“Die eerste watergat wat deur die professionele hidroloog in ’n ander akwifer aangewys is, lewer egter die volhoubare 60 000 liter water per uur. Vergelyk dit met die bestaande boorgat wat 8 000 liter per uur bied!”

Verster sê mense in die informele nedersetting en die sogenaamde “Ou lokasie” kry die heel swaarste. Hy sê die meeste waterpunte waar hulle water met behulp van ’n voorafbetaalde stelsel koop, werk nie – na raming is net sowat 30% daarvan nog in ’n werkende toestand. Hulle loop ver om water te kry en as hulle dit wel kry, is dit modderig.

Verster sê nog ‘n probleem waarmee inwoners sit, is hemelhoë waterrekeninge, wat veroorsaak word deur die wind wat deur die meters loop wanneer daar nie water is nie.

Inwoners vra ook vrae oor ’n persoon wat buite die dorp landerye met groente uit die dorp se boorgat besproei, terwyl die inwoners nie water het om te drink nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03%