Maltahöhe gryp groeigeleentheid aan

‘Almal is aan die gang en doen iets.’
RuralRevive bestaan uit sewe verskillende projekte waarvan die wassery en tuinbou reeds goed op dreef is.
Tanja Bause
“Al die werk begin nou vrugte afwerp en dit is ’n ongelooflike gevoel. Ons het nou weekliks mense wat vars groente uit hulle eie tuine vir ons bring,” het Marika Raves van RuralRevive in Maltahöhe gesê.

RuralRevive is ’n projek onder die vaandel van die Wolwedans Foundation en Marika is die koördineerder daarvan. In Januarie 2022 het die projek afgeskop met tuin- en kapasiteitsbou.

“Ons het belangstellendes – met ons borge se ondersteuning – in tuinbou opgelei. Ek het nou ’n berig van een van die borge gelees wat sê ons het 150 kommunale boere opgelei. Dis egter nie almal boere nie.

“Dit sluit in iemand soos oom Willie Bosman wat al 20 jaar gelede afgetree het en nou ’n mark vir sy suurlemoene het, asook die man of vrou wat ’n tuin in hulle agterplaas het. Dit sluit ook die 84 families in wat op die Dawib-hervestigingsplaas bly. Jy sien nou ’n tuin by elkeen van daardie families. Jy sien ’n amandel-, vye- of koejawelboom en orals sien jy groente groei. Almal plant en is doenig in hulle tuine en dit is die mooi deel van die projek. Almal is aan die gang en doen iets.”

RURALREVIVE

“Ek is heeltemal teen ‘handouts’. Jy ontneem daardeur mense van hulle trots. Ja, jy kry ’n glimlag vir daardie oomblik, maar dit is van korte duur en hulle het niks om te wys waarop hulle trots kan wees nie.

“RuralRevive is die platform waarvan enigiemand kan deel wees. Wanneer jy die opleiding bygewoon het, kan jy by my saailingbakkies kom haal en begin plant. Of jy die groente dan verkoop of dit gebruik om kos op jou familie se tafel te sit, is elke persoon se eie keuse.”

Opleiers en kundiges van RuralRevive gee raad en ondersteuning aan die mense soos hulle dit benodig en mense kan gewasse van hulle eie keuse plant.

“Elke persoon kry tussen ses en agt saailingbakkies met groente en blomme wat die goggas weghou. Alles word organies geproduseer.

“Ons verskaf ook saad, maar ons het gedink dit is beter vir ’n beginner om met sterker plante af te skop. Ons verwag nie dat mense mega-groenteprodusente moet word nie. Dit gaan oor voedselsekerheid, om die gemeenskap te bevorder en om ’n mark te skep om kraakvars groente, kruie en vrugte aan die omliggende lodges te kan verskaf.”

Ses jongmense van Maltahöhe het ook die tuinbou-opleiding ontvang, waarvan Elcator Bekeur een was.

“Ek het ’n klein tuin by my huis gehad en ek het ná die opleiding uitgebrei. My groente is nou baie meer en van beter kwaliteit. Ek kry nie kans om dit by die ope mark te verkoop nie. Elke dag kom iemand hier aan en koop ’n ui, ’n bossie spinasie of ’n koolkop. Ek kry nie eens kans om my eie groente te eet nie,” het hy gesê.

MARK

Elke Vrydag word ’n ope mark op Maltahöhe gehou waar mense nie net groente kan verkoop nie, maar enigiets wat tuisgemaak is. Een verkoop konfyt, terwyl die ander een handgemaakte voorskote of pannekoeke verkoop.

“Die idee is egter om die volgende projek te implementeer en dit is The Barn. Dit sal hoofsaaklik ’n verspreidingspunt wees waar mense hulle vars produkte soos groente, eiers en kaas kan verkoop en die omliggende lodges dit kan koop.”

WASSERY

Die wassery waarvoor 15 vroue opleiding ontvang het, is ook al in volle swang.

Twee van die vroue is permanent aangestel en die ander is dagwerkers vir wanneer daar baie wasgoed van die lodges ontvang word.

“Die vervoer is nog nie so gereeld nie en baie van die lodges het nie genoeg beddegoed om net twee keer per week te kan was nie. Die wassery is begin sodat ons die wasgoedwater in die tuin kan gebruik om groete te groei. Niks word gemors nie en die een projek word op die vorige een gebou.”

PROJEKTE

RuralRevive bestaan uit sewe verskillende projekte waarvan die wassery en tuinbou reeds goed op dreef is.

Die volgende projek, The Barn, is ’n varsprodukte-spilpunt in die dorp vir alle plaaslike produsente en boere. Die DesertRunner is ’n vervoerdiens wat die wasgoed optel en aflewer, wat dan in Maltahöhe gewas word. Dié vervoerdiens sal ook onder meer groente in die Sossusvlei- en NamibRand-omgewing kan aflewer en afval van toerisme-ondernemings kan oplaai. Onderhandelinge vir grond om ’n herwinningsaanleg op die dorp op te rig, is reeds onderweg.

“As ons ’n herwinningsfasiliteit hier kan oprig hoef die rommel nie eers Windhoek toe te gaan om gesorteer te word en dan na Suid-Afrika vervoer te word nie. Ons kan dit hier sorteer en ek is oortuig ons sal dan die kreatiwiteit van die mense begin sien. Mense sal van die rommel vat, dit herwin en ’n inkomste uit die rommel maak,” het Marika gese.

Nog ’n projek is EconoMix, ’n pasgemaakte intreevlak-sakebestuurprogram wat die basiese beginsels van finansiële intelligensie, koste, aankope, menslike hulpbron-administrasie, onderhandelingsvaardighede en bemarking insluit. EconoMix dien as die ruggraat van entrepreneuriële bemagtiging vir alle sakeontwikkelingsprojekte van RuralRevive.

Die laaste projek is Enterprise. Sodra die projekte 1 tot 5 suksesvol geïmplementeer is en die woestyngebaseerde ekonomie momentum opgebou het, sal belanghebbendes die voordeel sien om ook aan boord te kom.

Nuwe ondernemings sal in die omgewing ontwikkel kan word, en Maltahöhe kan dan weer ’n florerende sakespilpunt word, werksgeleenthede skep en mense se lewensbestaan verbeter.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.93/OZ UP +1.05% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 955.42/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.15 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.93/OZ UP +1.05% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 955.42/OZ DOWN -0.0005