Kunene reeds 15 jaar gebuk onder droogte

Diere, kinders eet uit asgate
Die ellende wat deur 'n jarelange droogte in die Kunenestreek veroorsaak is, laat behoeftiges op Opuwo met geen einde in sig.
Iréne-Mari van der Walt
Kenya Kambowe - Die droogte waaronder die Kunenestereek reeds 15 jaar lank gebuk gaan het diere en mense gedwing om by die Opuwo-stortingsterrein rond te skrop vir kos wat weggegooi is. Die asgate is ’n oogseer vir besoekers, maar vir sommige inwoners is dit hul dag se brood.

Tydens ’n besoek deur Republikein se susterkoerant Namibian Sun, op die dag wat staatskole vir die jaar heropen het, het kinders van skoolgaande ouderdom na die joernalis se voertuig gehaas met die hoop dat dit iemand is wat afval kom weggooi het.

Die jong seuns tussen die ouderdomme van agt en twaalf jaar het gesê hulle woon net middagklasse by. Hulle sê van die afval by die asgate kry hulle vrot kos of materiale om te herwin.

Honde, bokke, varke en donkies op soek na kos word ook by die asgate gewaar. Toe die seuns gevra is waar hulle woon, het hulle gewys na ’n koppie naby die stortingsterrein voor hulle geskerts en weggeloop het.

Die Namibiese regering het luidens 'n 2022-verslag noodtoestande in 1992/1993, 1995/1996, 2012/2013, 2013/2014, 2015/2016 en 2018/2019 weens droogtetoestande in die streek verklaar.

RAAD GRYP IN

Die kwessie van die asgate word reeds vir jare aangemeld, maar die Opuwo-dorpsraad se finansiële uitdagings het dit tot nou toe moeilik gemaak om dit sinvol te takel. Die uitvoerende hoof van die Opuwo-munisipaliteit Matjandjara Tjihuura-Katurota sê daar is tans planne in die pyplyn om die probleem op te los. Volgens haar is N$2 miljoen nodig om die asgate te skuif en hoop die raad om die huidige terrein in ’n herwinningsentrum te omskep.

"Die omgewingsimpakstudie sal die raad nie minder as N$200 000 kos nie," het sy gesê.

"Met verwysing na die verskuiwing van die asgate het die raad reeds in lyn met die goedgekeurde 2023/204-begroting met die sentrale regering in verbinding getree.

Sy het egter verduidelik die dorpsraad moet hul finansies bestee waar dit die meeste nodig is.

"Met beperkde finansies moet ons voorkeur gee aan dit wat die dorp nodig het. Die raad is besig om boorgate weens 'n tekort aan water te sink."

MORS NIKS

Tjihuura-Katurota sê die raad ondersoek tans die moontlikheid van ’n geen-afval (zero waste) benadering. Dit sal tot gevolg hê dat rommel nie verbrand of gestort moet word nie.

"Hierdie konsep sal die raad se bedryfskostes sny en dit sal nie nodig wees om die stortingsterrein te skuif nie," het Tjihuura-Katurota gesê.

"Die geen-afval-inisiatief sal die stortingsterrein in ’n herwinningsentrum omskep en sal deurslaggewend wees vir werkskepping en omgewingsimpak. Nietemin is die watertekort vir die raad ’n onmiddelike prioriteit."

Met verwysing na die aanstelling van ’n omgewingsgerigte praktisyn vir die munisipaliteit het Tjihuura-Katurota gesê onderhoude is in Desember gevoer. Die goedkeuring van die suksesvolle kandidaat is op die agenda vir ’n raadsvergadering wat vir 15 Februarie belê is. - [email protected]

VOORTDURENDE DROOGTE

Volgens Tjihuura-Katurota het die jarelange droogte gelei tot merkwaardige uitdagings wat verstedeliking en toenemende gebruik van die stortingsterrein vir dag-tot-dag oorlewing tot gevolg gehad het.

"Die soeke na kos by die stortingsterrein het met huidige moniteringspogings verminder en die raad het die 'We Care'-projek van stapel gestuur om kos aan mense in nood te voorsien," het sy gesê.

"Kunene Spar bestuur ook saam met maatskaplike werkers ’n sopkombuis om weekliks etes te verskaf. Ten spyte van hierdie inisiatiewe, is nog ondersteuning noodsaaklik om die voortdurende hongersnood in ons gemeenskap aan te spreek. "

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60%