Foto verskaf.
Foto verskaf.

Krieketpret ten bate van CAN

Iréne-Mari van der Walt
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) bied op 8 Februarie 'n opwindende Pa en Seun-pretdag by die MTC Dome in Swakopmund aan saam met die Namibiese krieketspan, die Eagles.

"Hierdie is 'n briljante geleentheid vir mans, jonk en oud, om bande te bou en pret te hê terwyl hulle die Namibiese krieketspan, wat ons land se naam op die internasionale verhoog hoog gehou het, kan ontmoet," het Rolf Hansen van die Kankervereniging gesê.

Behalwe vir pa's of oupas en hul seuns of kleinseuns, word onderwysers met ontluikende kriekettalent ook uitgenooi om aan te sluit by die pret.

Vir meer inligting, kontak gerus CAN se Erongokantoor by 064 461 271 of per e-pos by [email protected]

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer