Kersfees kom vroeg by Senior Park

Aurelia Afrikaner
Die bejaarde inwoners van Senior Park in Windhoek is danksy ruimhartige borge en die sukses van 'n onlangse gholfdag vir liefdadigheid trakteer met bederfpakkies en 'n liplekker-maal van KFC. "Ek moet sê in 2025 is ons beslis nie hier in Senior Park vergeet nie," het een van die inwoners dankbaar gesê. Van die borge sluit in Miko Coffee Namibia, Miko Coffee South Africa, Namibia Hospitality, World of Hygiene, Numatics International, DZ Golf, Feedmaster, Securitas, Lientjie van Schoor en Shoprite Checkers. Foto's Aurelia Afrikaner

Kommentaar

Republikein 2025-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer