Hoop vir Okahandja se nedersettings

Dorpsraad ondersteun projek
Die Ekunda-opgraderingsprojek in die informele nedersettings word uitgevoer deur insette van die betrokke gemeenskappe te verkry.
Augetto Graig
Inwoners van Okahandja se nedersettings behoort bewus te wees van die reusepogings om erwe uit te meet en woonbuurte in te rig met die oog om uiteindelik grondeienaarskap aan duisende “onwettige” mense te kan bied.

Die projek is sedert 2022 aan die gang, volgens Melki Namupolo, die koördineerder van die National Housing Action Group (NHAG) se Community Land Information Program (CLIP).

Hy en die NHAG se mededirekteur, Heinrich Amushila, en die georuimtelike datategnikus vir CLIP, Lineekela Hamununyela, is verbind tot die inisiatief se sukses

Die opgradering van Okahandja se uitgestrekte nedersettings is ’n reusetaak wat NHAG in samewerking met plaaslike gemeenskappe en die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) aanpak, asook in vennootskap met die Okahandja-munisipaliteit.

Alhoewel ’n ooreenkoms nog nie met die munisipaliteit onderteken is nie, sê Namupolo dat die projek die dorpsraad se ondersteuning geniet.

Die Ekunda-opgraderingsprojek in die informele nedersettings, behels behuising in vyf van Okahandja se nedersettings en poog om orde te skep deur 4 256 erwe uit te meet, insluitend 3 981 enkel- residensiële erwe, twee informele markte, vier ligte nywerheidserwe, drie vir verblyfinstansies, sewe regeringserwe, 20 algemene residensiële erwe, 15 vir kantoorgeboue, 27 vir instansies, 58 vir sakepersele, 13 vir die plaaslike owerheid, 125 vir openbare ruimte en een vir ’n groot begraafplaas.

Hy sê die projek word uitgevoer deur insette van die betrokke gemeenskappe te verkry, veral in terme van die eerste konsepfase waar die nuwe uitleg van woonbuurte op ooreengekom is.

Nust-studente en -dosente het daarna gehelp om nommers aan die bestaande huise toe te ken en ’n opname te maak van eienaars se besonderhede.

Elke huiseienaar moet nou N$165 betaal, en elke kerk N$500 om uiteindelik die koste van die formele opmeting van erwe te dek.

Selfs as almal bydra, sal dié geld nie genoeg wees om professionele opmetings te bekostig nie, maar gelukkig het Stubenrauch Planning Consultants (SPC) ingestem om die proses vir goedkoper uit te voer, as deel van die onderneming se sosiale verantwoordelikheid, brei Namupolo uit.

Die geld word in ’n bankrekening inbetaal waarvoor drie handtekeninge nodig is om slegs op NHAG se instruksie die geld aan SPC oor te betaal.

Twee van die handtekeninge behoort aan verkose gemeenskapsleiers, terwyl ’n munisipale finansiesbeampte die derde handtekening is.

“Ons doen niks in hierdie gemeenskappe sonder die gemeenskappe nie,” voer Namupolo aan.

Elke woonbuurt het sy eie komitee en boekhouers wat seker maak dat die geld in die rekening betaal is en kwitansies met huisnommers en verwysingsnommers uitgereik word.

Duisende mense is betrokke en meeste van die begunstigdes se registrasies is reeds verlede jaar voltooi. In hierdie stadium kan nuwe begunstigdes nie meer aansluit nie.

Ná die opmeting van die erwe sal die betrokke inwoners genader word om deel te neem in, en opleiding vir, die bou van grootmaat-dienste soos water- en rioolstelsels.

Later sal eienaars ook moet hand bysit om hul eie huise te bou, soos die Shack Dwellers' Federation of Namibia (SDFN) se model – wat NHAG ook ondersteun – voorsiening voor maak.

Saam met die SDFN is NHAG besig met verskeie soortgelyke projekte oraloor Namibië, insluitend in Gobabis waar ’n projek van ’n soortgelyke omvang goed vorder. Daar is die opmeting reeds aan die gang, sê Namupolo.

In terme van Okahandja word daar vandag om 10:00 en môre om 12:00 by die EBC/Kavango Kerk vergader.

Die vergadering sal weer eens inligting deel en verseker dat die betrokke gemeenskappe duidelikheid het en daar geen verwarring is nie.

“As ons nou hierdie geleentheid verbrou, weet ek nie of die inwoners weer so ’n geleentheid sal kry nie,” sê Namupolo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.79/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.80% | Zinc US$ 2 934.30/T UP 0.94% | Brent Crude Oil US$ 74.43/BBP UP +1.96% | Platinum US$ 984.23/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.79/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.80% | Zinc US$ 2 934.30/T UP 0.94% | Brent Crude Oil US$ 74.43/BBP UP +1.96% | Platinum US$ 984.23/OZ UP +1.72%