Hier om te deel
Sy het groot geword in ‘n huis waar om te deel alles was en om ander te help “hoe die lewe moet wees”. Vandag leef Francis Godenschweig, dryfkrag agter die Cradle of Hope Foundation, steeds hierdie mantra met passie uit met maaltye vir kinders en die ondersteuning van kwesbare moeders in die DRC-nedersetting op Swakopmund. Die stigting bedryf 'n sopkombuis in die DRC, waar kinders elke tweede Saterdag maaltye ontvang. Saterdag is vir die eerste keer Kerspartytjie ghou, met meer as 170 kinders wat ‘n maaltyd en ook ‘n geskenk gekry het. Francis se droom is om ‘n skuiling te open vir swanger vroue en meisies wat mishandel word.
“Dit is hartverskeurend om te sien dat swanger vroue en meisies verlate en sonder ondersteuning is,” sê Francis. Die doel is om veilige verblyf en ook vaardigheidsopleiding en hulp met die versorging van hul babas te verskaf. Inligting en hulp oor die opsie van aanneming sal ook beskikbaar wees.
Die stigting bedryf ook die Maaltyd-in-’n-fles-projek waarin van lensies tot sopbestanddele aan ma’s en kinders in die flesse gegee word wat die sopkombuis bywoon.
Enige hulp en ondersteuning is welkom - van vrywilligerswerk, kos, klere of finansiële bydraes.
“Alles wat geskenk word, is waardevol en help die minderbevoorregtes in ons dorp,” sê Francis. Besoek die Cradle of Hope Foundation se blad op Facebook, Instagram of TikTok vir meer inligting. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie