Hester se hart
Die lief en die leed
Haar lesers het haar, haar boerman en hul lewe op die plaas leer ken deur haar blog. In Hakieshart het dié boervrou van die Suide haar seer oor die verwoestende droogte, die impak daarvan op haar en die man aan haar sy, die diere en die veld op hul hartsplaas uitgestort. Saam het lesers gebid, gesmeek, gehuil, gehoop. Nou is Hester Steenkamp se pennevrug van haar lewe as ‘n boervrou en haar liefde vir die grond saamgevat in haar boek Kreef en Kaiings, ‘n versameling van kort sketse uit Hakieshart.
Maar dis ook stories van die ligter oomblikke van die lewe, skryf Hester per e-pos van die plaas wat sy vir ‘n jaar noodgedwonge weens die droogte vir ‘n groen Kaap moes verruil.
“Dis ook stories van die ligter oomblikke van die lewe, die lief en leed waarmee menige gesin hul sal kan vereenselwig. Van 'n lewe wat deur droogte getoets word, maar mens hou aan leef, liefhê en droom,” skryf Hester.
Oor die titel van die boek, Kreef en Kaiings, vertel sy van die dag toe sy en haar boerman Johnnie, hul oudste dogter se vrieskas vir haar ontvries en reggepak het. Twee sakkies was op die tafel oor: Een met twee kreefsterte, en een met kaiings. Die kreef het haar dogter by haar skoonouers gekry in die Oos-Kaap, die kaiings was van hul Namibiese plaas af. Dit gaan oor die lewe se beter en slegter dae, verduidelik Hester. Kreefdae is die uitskieterdae - wanneer jy jou lippe rooi maak, parfuum aansit en die luuksheid geniet wat soms oor jou pad kom. “Kaiingdae is daardie hartseerdae wanneer jy terugverlang na jou komvandaan,” sê sy. Maar, aan die einde van die dag is beide nodig vir 'n gebalanseerde bestaan, beklemtoon Hester. Dit anker jou.
Hester woon tans as gevolg van die droogte in die Kaap.
“Ons moes 'n manier kry om die wolf van die deur weg te hou, en ek het die geleentheid gekry om daar te gaan werk.”
Dis 'n tydelike reëling, beklemtoon Hester, totdat die reën kom en sy en boerman Johnnie glo en vertrou dat dit kortstondig sal wees.
Sy is 5 Januarie 2025 weg van die plaas af, en het die 13 de Desember vir die eerste keer weer huis toe gekom en haar juig!
“Dit voel soms asof ek nooit weg was nie, en soms voel dit soos 'n ewigheid. Ek het darem my boerman in Maart en November gesien met ons kleinseuntjie se geboorte en doop in Suid-Afrika.”
Die Kaap het haar egter wonderlike geleenthede gebied. Sy het mense ontmoet wat haar opgelig het, en die boek het net gebeur, vertel ‘n dankbare Hester. 'n Wildvreemde vrou, Petro Swanepoel, het haar gekontak en gevra of sy kan kom koffie drink. Petro het gekom en sy en Hester het soos ou vriendinne gesels.
“Sy het gesê sy voel my stories moet in 'n boek vrygestel word, sodat dit meer mense kan bereik, want dit het baie vir haar beteken. Ek het gesê ek sal daaroor dink.”
Sy was heeltemal oorweldig en het nie geweet hoe om dit te hanteer nie, erken Hester, want Petro het aangebied om die geld voor te skiet.
“Ek was uit die veld geslaan toe 'n uitgewer my twee dae later kontak en sê dat Petro vir haar van my skrywes gewys het, en sy dink ons moet 'n boek maak. Toe gebeur dit!”
Hester het ook die wonderlike geleentheid gehad dat van haar gedigte in verskeie bundels opgeneem is. Sy was ook die wenner van die Ink in Afrikaans-kompetisie, verower die goue kategorie met haar gedig Leonardville, asook die groot landwye kompetisie met die gedig Weerkaatsings. Daarby stap Hester weg met twee ATKV Veertjies in Namibië. Een vir Kreef en Kaiings, asook 'n ongepubliseerde manuskrip, Stof en Sterre, 'n digbundel. Hester is ook met die Herman van Wyk Prosa- en die Oswald Rall Theart-prys beloon. “Hierdie was vir my 'n ongelooflike groot voorreg. Afrikaans is vir my die mooiste taal denkbaar, en ek voel bevoorreg dat ek my gedagtes en gevoelens kan uitdruk in die taal van my hart!”
Kreef en Kaiings kan per whatsapp by Hester bestel word - Die sein is te swak op die plaas vir bel! Die prys is N$ 280.00, plus N$ 70 posgeld.
“Ons laat lewer af. My dogter, Sandri Coetzer, sal die versendings hanteer.” As jy Hester se hartsboek wil bestaal, is haar rekeningbesonderhede soos volg:
Hester Steenkamp, FNB Mariental, tjekrekening
62085588576, takkode: 280471; verwysing: Jou naam en van.
Hester laat weet die week van die plaas hulle het reën gehad en by die huis en Kortpomp is 22 mm uitgegooi, by Sleepwapos 17 mm.
“Groot dele van die plaas is nog baie droog, ander het 'n mooi lewetjie. Ons is dankbaar. Vir Desember is dit wonderlik!”
Dis verstommend hoe gewillig die veld steeds is, al is dit deur groot trauma die laaste klompie jare, en al is die reën min en ver uit mekaar, skryf sy. Ons Liewe Vader het hulle bederf met veld wat veerkragtig is.
Die natuur sal nooit ophou om haar asem weg te slaan nie, erken sy.
“Dit het gisteraand laat gereën, en vanmiddag begroet nege rooibeenelsies ons in 'n klein pannetjie staande water. Wie hulle vertel het en waarvandaan hulle kom, kan ek nie sê nie. Maar hulle weet. En hulle kom. Daaroor is ons ook dankbaar.”
Hester en haar boerman Johnnie bid vir opvolg, sodat elke plant en dier en mens vir 'n slag diep kan asemhaal.
“Ons glo,” së sy. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie