Hakahana se kinders vier fees
Meer as ‘n 100 minderbevoorregte en kwesbare kinders in die Hakahana-nedersetting in Windhoek is in die gees van Kersfees met ‘n geskenk, ‘n maaltyd en toiletware bederf. Yango Namibia het hande gevat met die liefdadigheidsorganisasie Help4Nam (HFN) om die kinders by Katutura Needy Hearts te bederf. Die kinderprojek verseker dat ook die land se mees kwesbare inwoners die voorreg kry om ‘n waardige en vreugdevolle feesseisoen te beleef. Die bederf het buiten ‘n gesonde maaltyd, verversings, nagereg ook geskenkpakkies met noodsaaklike toiletware, vrugte en soetgoed ingesluit.
“Ons is baie dankbaar vir Yango Namibië se ondersteuning vir ons kinderprojek,” sê Charlotte Sitler, Help4Nam se bedryfsbestuurder in Namibië. “Hul ruimhartigheid het ons gehelp om meer as ‘n 100 kinders kos te gee en nie net voeding nie, maar ook waardigheid en hoop tydens die feesseisoen aan hulle te gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie