Groot eer vir ESP se Uaandja
Emeraldsand Platforms (ESP) se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, is deur die Spaanse ambassade in Windhoek met die Offisierskruis van die Orde van Isabella die Katoliek vereer. Dié orde is een van Spanje se hoogste burgerlike eerbewyse en erken individue wat buitengewone diens gelewer het om Spanje se betrekkinge met ander lande te versterk en internasionale samewerking en wedersydse begrip te bevorder. Die toekenning is in erkenning van Uaandja se bydrae tydens haar ampstermyn as uitvoerende hoof van die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB). Hier het sy ’n sleutelrol gespeel in die verbetering van Namibië se sake-omgewing, die lok van beleggings en die posisionering van die land as ’n vooruitstrewende en betroubare vennoot.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie