Graftombe word opgeknap
Die Duitse ambassade het verlede week 125 000 euro (ongeveer N$2,3 miljoen) aan die Samuel Maherero Erfenisfonds geskenk vir die opknapping van die OtjikaTjamuaha-graftombe (holy shrine) en omliggende gebied.
“Die projek is daarop gemik om die grafte te restoureer om die waardigheid van die mense wat daar begrawe is en dié van hul nasate, te herstel,” het die Duitse ambassade in ’n verklaring gesê.
Verder het die projek ten doel om die volhoubare gebruik van die terrein vir opvoedkundige en historiese doeleindes moontlik te maak, beide vir Namibiërs sowel as buitelandse besoekers.
Kenandei Tjivikua het namens die Erfenisfonds gesê: “Die fonds is opgewonde om hierdie skenking te ontvang wat sal help om belangrike tradisionele en kulturele simbole vir die nageslag te herstel en te bewaar. Ons verwelkom en koester hierdie gebaar.”
Die OtjikaTjamuaha-graftombe is die finale rusplek vir prominente Ovaherero-leiers van die OtjikaTjamuaha-stamhuis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie