Family Thyme verenig gesinne
'Jou uitdagings is nie uniek'
Ná haar dogter se dood het Ronel de Beer weer eens besef hoe belangrik familie vir haar is en nou hoop sy om ander families met 'n tydskrif nader aan mekaar te bring.
“Dit het sewe jaar gelede begin – die idee van families is nog altyd kosbaar vir my. In 2017 het ’n groot tragedie ons gesin getref toe ons ons dogter verloor het. Toe het ek weer eens besef dat families baie belangrik is, want daar is altyd spyt oor wat jy moes gedoen het. Ek het daarna besef dat daar soveel ander ouers is wat nog hul kinders by hulle het en dieselfde foute maak.”
Dít is die dryfkrag agter Ronel de Beer se nuwe tydskrif Family Thyme.
Die tydskrif sal vier keer per jaar op die rakke verskyn en verskeie geleenthede aanbied om ouers bymekaar te bring met die oog om gesins- en familiebande te versterk.
“Dis ’n hele beweging rondom families wat kyk na al die aspekte wat ons deesdae in ouerhuise vind,” sê Ronel.
Ouers en voogde mag dalk voel of hulle elke dag splinternuwe uitdaging in die gesig staar, maar Ronel meen hierdie uitdagings is nie ’n nuwe verskynsel nie.
“Tieners en kinders gaan deur dieselfde dinge vandag as 20 jaar gelede, want kinders bly kinders. Wat wel vir my ’n uitdaging is, is digitale ruimtes en selfone.
“Ons publiseer talle artikels oor selfone en hoe om selfone neer te sit en saam gesinstyd deur te bring,” sê sy.
Vanessa Maresh van Salt Essential IT het by die bekendstelling van Family Thyme gesê selfone en digitale toestelle is nie noodwendig negatief nie. Sy meen met vaardighede en kennis kan gebruikers, oud en jonk, veilig wees.
“Jy kan nie regtig van jou selfoon en die digitale wêreld wegskram nie, want daar is soveel positiewe aspekte en dinge wat jy kan leer. Jy moet dit egter reg kan gebruik en dit is waar ouers inkom. Ouers moet hulle kinders opvoed oor hoe om jou selfoon te gebruik. Dit begin, bly en eindig by ons as ouers om vir ons kinders die regte dinge te leer,” sê Ronel.
Ná hulle dogter Lumé (11) se dood in 2017 het Ronel haar hartseer aanlyn gedeel en hierdeur is die liefdadigheidsorganisasie Legacy of Love op die been gebring.
Die winteruitgawe van Family Thyme is tans op die rakke en die volgende uitgawe sal na verwagting in November beskikbaar wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie